President van die Konvokasie

Die Konvokasie verbind die lede van die konvokasie op ’n lewenslange basis aan die universiteit tot die deurlopende wedersydse voordeel van die universiteit, sy lede en toekomstige lede van die Konvokasie.

Die Konvokasie se hoofdoel is om wedersydse voordelige verhoudings tussen die universiteit en sy alumni daar te stel en verder uit te bou om die welsyn van die universiteit en toekomstige Konvokasielede te bevorder. Ander doelstellings is:

(a)

Om lede van die Raad in ooreenstemming met paragraaf 38 van die NWU statuut aan te wys;

(b)

 Om nou saam te werk met en steun te verleen aan ander universiteitstrukture wat op die bevordering van professionele, opvoedkundige, sosiale en ander verhoudings tussen alumni en die universiteit, en tussen groepe alumni fokus;

(c)

Om te vergader en enige saak binne die sfeer van bevoegdheid van die universiteit te bespreek en enige besluit aan die universiteit se besturende gesag of die breër publiek oor te dra;

(d)

Om ’n databasis van lede in stand te hou om sodoende kommunikasie- en inligtingverspreiding tussen lede van die universiteit te bevorder en om ’n kieserskorps vir die verkiesing van raadslede op te stel.

 

Opdateer deur Irma van Niekerk op 4 November 2014