Beheerstrukture - Raad

 

Die NWU Raad

Die Raad bestuur die universiteit ingevolge hoofstuk 4 van die Wet, die Reglement en Beleide uitgereik in terme van die Wet, die Statuut en die Reëls, insluitend, ten minste die aanvaarding van doel- en waardestellings, asook strategiese planne, die bepaling van beleid, die opstel van die Statuut, die Reëls, die prosesse, die delegering van gesag, die monitering van operasionele optrede en bestuur, en die daarstel van komitees en, saam met die senaat, gesamentlike komitees, om te verseker dat die universiteit sy doel en waardes bereik.

 

Nominasie van ʼn lid van die Raad van die Noordwes-Universiteit uit die geledere van die permanente ondersteuningspersoneel ingevolge paragraaf 4(1)(e) van die Statuut[1]

Die termyn van Dr Franciska Bothma as lid van die Raad verstryk op 30 September 2021 as gevolg van haar bedanking by die universiteit en nominasies word hiermee aangevra vir die verkiesing van ʼn persoon uit die geledere van die permanente ondersteuningspersoneel as lid van die Raad ingevolge paragraaf 4(1)(e) van die Statuut en die Reëls soos hersien en goedgekeur deur die Raad op 17 Junie 2021.

Skriftelike nominasies op die vorm wat hierby ingesluit is, gesekondeer deur minstens twee lede van die permanente ondersteuningspersoneel van die Noordwes-Universiteit en onderteken deur die genomineerde self, ook ʼn permanente lid van die ondersteuningspersoneel e, moet die kantoor van die Registrateur, prof Marlene Verhoef, voor of op 23 September 2021 bereik deur die vorm op te laai na NextCloud.

Kliek hier vir die brief en die nominasievorm en hier vir 'n invulbare PDF vorm (laai die dokument af).

2021.09.08

REGISTRATEUR

 

[1] Vir doeleindes van deelname aan hierdie stemproses is die definisie van ‘n permanente personeellid ‘n personeellid wat permanent in diens is (geen einddatum van diens behalwe afree-ouderdom het nie) of enige ander personeellid wat ‘n dienskontrak met die universiteit het vir langer as drie maande.  Om in aanmerking te kom vir nominasie in hierdie stemproses, moet die genomineerde egter ‘n dienskontrak van langer as drie jaar met die NWU hê aangesien die genomineerde in staat moet wees om ‘n termyn van drie jaar op die Raad te dien (in ooreenstemming met Raadstermyne wat drie jaar duur).