Welkom by die Noordwes-Universiteit (NWU)

Welkom

Die NWU is daartoe verbind om te funksioneer as ʼn unitêre, geïntegreerde, multikampusuniversiteit wat billikheid, herstel en globaal mededingende onderrig en navorsing oor al drie kampusse heen moontlik maak. Ons kernaktiwiteite, onderrig-leer en navorsing is vervleg met gemeenskapsbetrokkenheid en innovasie in ons agt fakulteite waarvan die meeste afstand- sowel as kontakstudente dien. Lees meer

 

 

Studente

By die NWU maak jou ervarings as student saak. Hier is jou geestelike en fisiese gesondheid vir ons net so belangrik as wat dit vir jou is. Ons glo in leiers wat met volharding en deur voorbeeld lei. Ons wil jou toerus vir ʼn toekoms van jou keuse en ons heg groot waarde aan betrokkenheid en deelname. Ons is daartoe verbind om die tegniese ondersteuning aan jou te bied wat jy nodig het om die take te voltooi wat jou akademiese strewes help definieer; ons is ook daartoe verbind om jou leeromgewing te verryk. By die NWU maak jy saak.

Kortkursusse

Jou reise eindig nooit, net die paaie wat jy loop. By die NWU glo ons dat dit uitnemendheid is wat jou vorentoe dryf, dit is jou vaardighede wat jou laat floreer en dit is jou kreatiwiteit wat jou laat groei. Deur voortdurend te streef om jouself te verbeter, verbeter jy nie net die lewens van diegene rondom jou nie, maar ook die gemeenskap as ʼn geheel.

Vinnige skakels

Sosiale media

eFundi

shop

Donate