Die Konvokasie bestaan uit oudstudente (alumni) wat ʼn graad of diploma aan die NWU of sy voorgangers verwerf het, asook alle huidige lede van die Universiteit se permanente personeel.
Lidmaatskap word slegs verkry deur middel van ʼn formele aansoek en betaling van R50 lidmaatskapgeld vir lewenslange lidmaatskap. Dit is ʼn statutêre liggaam van die NWU, wat beteken dat dit in die Universiteit se Statuut as deel van die formele bestuursraamwerk erken word.
Die doel van die Konvokasie is om die welsyn van die NWU te bevorder deur sy beeld, tradisies en belange te beskerm en om as brug tussen die lede van die Konvokasie en die Universiteit te dien. Die Konvokasie word verteenwoordig op die Universiteitsraad en werk ook nou saam met ander strukture soos die Alumni-vereniging wat die interaksie tussen die Universiteit en sy alumni bevorder.
Klik asseblief hier om die artikel van die NWU se Statuut te lees wat na die Konvokasie verwys.
Konvokasie-nuus

Eerste ry – links na regs:
Mnr Werner Human (Tesourier), Mnr Bert Sorgdrager (President), Mnr Nelson Mongale (Visie-President)
Tweede ry – links na regs:
Me Karien Brits, Mnr Frik van Deventer, Adv Marlizé Kruger, Mnr Cecil Ramonotsi. (Mnr Paul Maritz was nie teenwoordig met die neem van die foto nie.)