Beheerstrukture - Menseregtekomitee

Rol en Lidmaatskap

Die Noordwes-Universiteit erken die fundamentele regte en waardes wat in die Handves van Regte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 vervat is, dat hierdie fundamentele waardes en regte in die universiteitsgemeenskap gerespekteer en gehandhaaf moet word, en dat dit nie in isolasie gesien moet word nie, maar as geïntegreerde deel van die universiteit se praktyke en beleide toegepas moet word.

Die Menseregtekomitee is deur die Raad gestig en funksioneer onafhanklik en onpartydig, en tree te goeder trou sonder vrees, guns, partydigheid of vooroordeel op.

Die komitee bestaan uit 12 lede wat die universiteitsgemeenskap verteenwoordig, ook in terme van ras, geslag en gestremdheid.

Die voorsitter is me Mohsina Chenia.

 

Kontak ons

Postitel

Me Irma van Niekerk
Komiteesekretaris          

Foon

+27 18 299 4943

Faks

+27 18 293 5353  

E-pos

Irma.VanNiekerk@nwu.ac.za