Rangordening

Die Noordwes-Universiteit (NWU) was nog altyd trots op sy prestasie in internasionale en nasionale rangordening. Hierdie rangordenings is goeie norme vir die vergelyking van die impak en relevansie van die NWU met dié van ander plaaslike en buitelandse universiteite.

2023

NWU onder topagt universiteite in Afrika vir omgewingsvolhoubaarheid

Die vernaamste aspek van die hantering van omgewings-, maatskaplike en beheerkwessies is om iets te doen om volhoubare oplossings te vind. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is onder die voorste hoëronderwysinstellings in Afrika wat betref hulle reaksie op dwingende omgewings-, maatskaplike en beheerkwessies.

Dit is volgens die jongste ranglys vir volhoubaarheid van die Quacquarelli Symonds-agentskap (QS-agentskap) wat die NWU onder die topagt uit 43 instellings op die vasteland plaas. Die universiteit is onder die topses uit 12 Suid-Afrikaanse universiteite geplaas en is oorkoepelend 458ste uit die 1 403 instellings wat internasionaal vir die ranglys gekwalifiseer het. Lees meer

NWU verbeter in onderrig op rangordelys

Times Higher Education (THE) het die Noordwes-Universiteit (NWU) in hulle jongste World University Rankings onder die topsewe plaaslike universiteite geplaas.

Die graderingsagentskap het op 27 September die ranglys vir hulle 2023-siklus bekendgemaak. Die NWU is daarop in die 601-tot-800-kategorie geplaas – dieselfde as verlede jaar.

Vergeleke met verlede jaar het die NWU sy oorkoepelende plasing op die gebiede van onderrig, bedryfsinkomste en internasionale profiel verbeter. Lees meer

NWU voeg nog ’n topposisie by sy indrukwekkende prestasie op ranglyste (ShanghaiRanking Consultancy)

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het nog ’n topposisie by sy indrukwekkende vertoning op internasionale ranglyste gevoeg. Die ShanghaiRanking Consultancy plaas die NWU in die kategorie vir die top-5 tot top-7 Suid-Afrikaanse universiteite op sy 2023 Academic Ranking of World Universities (ARWU).

Die plasing in die 5- tot 7-kategorie is ’n verbetering op die sewende plek in die land wat ons verlede jaar behaal het.

ARWU plaas die NWU in die internasionale ranglyskategorie 501 tot 600 – ’n noemenswaardige prestasie, aangesien ons in 2022 in die 601- tot 700-kategorie geplaas is.

Die ShanghaiRanking Consultancy het hulle lys op 15 Augustus gepubliseer. Lees meer

NWU klim tot by die top-4,4% van universiteite wêreldwyd (CWUR)

Die voortgesette styging van die Noordwes-Universiteit (NWU) op wêreldwye ranglyste het hulle tot in die top-4,4% van universiteite wêreldwyd geneem. Dit is volgens die 2023-uitgawe van die Global 2000-ranglys wat deur die Center for World University Rankings (CWUR) gepubliseer is. Dit is ’n verbetering van die top-4,5% vir 2022/2023 en die top 4,7% in die 2021/2022-uitgawe van die ranglys waar hulle was.  Lees meer

QS World University Rankings sluit NWU by twee vakgebiede in

Die jongste Quacquarelli Symonds (QS) World University Rankings by Subject sluit die NWU by twee vakgebiede in: landbou en bosbou, en medisyne. Lees meer

2022

NWU is in die eerste plek in Suid-Afrika met ingenieurswese

Oktober 2022

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is die beste keuse onder plaaslike universiteite vir studie op die gebied van ingenieurswese. Die jongste ranglys vir vakke deur Times Higher Education (THE) plaas die NWU aan die bopunt van die leer op hierdie gebied en beklemtoon die NWU se ander vakaanbiedings van gehalte. Lees meer

NWU onder die mees toegewydes ten opsigte van omgewings- en maatskaplike verandering

Oktober 2022

Universiteite het ’n deurslaggewende rol om te speel om oplossings vir dringende omgewings- en maatskaplike vrae te kry. Die jongste ranglys deur die Quacquarelli Symonds-agentskap (QS-agentskap) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top- wêreldwye en plaaslike universiteite wat omgewings- en maatskaplike volhoubaarheid betref. Lees meer

NWU onder die top- plaaslike universiteite in Suid-Afrika op ranglys geplaas

Oktober 2022

Die Noordwes-Universiteit (NWU) bly onder die top- plaaslike universiteite soos dit duidelik uit die jongste World University Rankings van Times Higher Education (THE) blyk.

Volgens die THE, is die NWU onder die topses universiteite in Suid-Afrika. Die graderingsagentskap het op 12 Oktober die ranglys vir hulle 2023-siklus vrygestel. Dit plaas die NWU in die 601-tot-800-kategorie.  Lees meer

Die Noordwes-Universiteit is die tuiste van vakaanbiedings van ’n hoë gehalte

July 2022

Wou jy al ooit ’n loopbaan in die mediese wetenskappe, openbare gesondheid of gasvryheid en toerisme volg? Dit is die vakaanbiedings by die Noordwes-Universiteit (NWU) wat volgens die jongste ranglys van die ShanghaiRanking Consultancy die hoogste gegradeer word.

Die verslag van ShanghaiRanking se Global Ranking of Academic Subjects (GRAS) bevestig dat die NWU ’n gereelde mededinger is wat vakaanbiedings van ’n hoë gehalte betref. 

Hulle identifiseer die NWU se vakaanbiedings wat die beste gegradeer word op die gebied van kliniese medisyne, openbare gesondheid en gasvryheid en toerismebestuur. Al drie gebiede is in die kategorie 101 tot 150 op die wêreldranglys. Lees meer

QS World University Rankings bevestig dat die NWU onder die bestes tel

Julie 2022

Die jongste Quacquarelli Symonds-ranglys (QS-ranglys) plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die top-agt Suid-Afrikaanse universiteite op die QS World University Rankings, wat op 8 Junie vrygestel is. Lees meer

NWU nou in die top-4,5% van wêrelduniversiteite

April 2022

Die Noordwes-Universiteit (NWU) skitter steeds op wêreldwye ranglyste. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2022/2023-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,5% van universiteite geplaas. Dit is ’n verbetering op hulle plek in die top-4,7% op dieselfde ranglys verlede jaar. Lees meer

NWU sit sy indrukwekkende prestasie op ranglys voort

February 2022

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het sy plek onder die room van die oes van die plaaslike en internasionale universiteite op verskeie wêreldwye ranglyste van 2021 bevestig en sit hierdie jaar sy indrukwekkende prestasie op die ranglyste voort. Times Higher Education (THE) Young University Rankings het die NWU algeheel derde in Suid-Afrika en 124ste internasionaal op sy ranglys van die wêreld se beste universiteite van 50 jaar oud en jonger geplaas. Die NWU was in 2021 ook oorkoepelend derde in Suid-Afrika op hierdie ranglys. Lees meer

2021

NWU in die top-100 op die ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë

October 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens ’n top-100-plasing op ’n internasionale ranglys gekry. Dit is in die 96ste plek – en vyfde plek in Suid-Afrika – op die ranglys van die universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE) geplaas. Lees meer

Jongste ranglyste toon NWU se vakke van gehalte 

Oktober 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die beste tersiêre-onderwysinstellings vir onderrig op pad na ’n professionele loopbaan. Dit is herbevestig deur die jongste ranglys van die Times Higher Education (THE) World Rankings wat die NWU onder die top plaaslike universiteite plaas. Lees meer

NWU onder die bestes in ingenieurstudies

October 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is een van die topinstellings in Suid-Afrika in ingenieurstudies.  Dit is volgens die jongste ranglys deur Times Higher Education (THE), wat die NWU op die gebied van ingenieurswese in die derde posisie onder nege plaaslike hoëronderwysinstellings geplaas het (dieselfde as verlede jaar). Lees meer

Jongste graderings bevestig die NWU se gehaltevakke weer eens 

September 2021

Is jy ’n gesondheidskundige of sielkundige, of wil jy graag hierdie vakke bestudeer?  Dit is bevestig. Die Noordwes-Universiteit (NWU) is net die regte plek om te wees vir ’n gehalte-opvoeding in hierdie velde. Lees meer

Studente plaas NWU onder die allerbestes op ranglys 

September 2021

Studente plaas die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die room van die oes van Suid-Afrikaanse universiteite wat studente-ervaring en afkampusleer betref. Dit is volgens die pasvrygestelde StuDocu World University Ranking 2021. Read more

Ranglys plaas vir die tweede agtereenvolgende jaar die NWU onder die topses plaaslike universiteite

September 2021

Die THE World University Rankings het weer eens, soos verlede jaar, die Noordwes-Universiteit (NWU) onder die topses universiteite in Suid-Afrika geplaas. Die NWU word wêreldwyd tussen 501 en 600 geplaas uit meer as 1 600 universiteite uit 99 lande en streke wat vir die 2022-graderings geëvalueer is. Read more

NWU blink uit onder topgegradeerde universiteite

Augustus 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is weer eens onder die room van die oes van die plaaslike en internasionale universiteite, en sy plek is bevestig as ’n gereelde mededinger wat hoëkwaliteit-vakaanbiedings en uitnemendheid op wêreldranglyste betref.

 Volgens die jongste graderings van die Shangai Ranking Consultancy se 2021 Academic Ranking of World Universities (ARWU) wat op 15 Augustus aangekondig is, word die NWU op grond van deursigtige metodologie en objektiewe derdepartydata as een van die wêreld se top-1 000 navorsingsuniversiteite erken. Lees meer

NWU ontvang gunstige graderings van internasionale agentskappe

Junie 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy indrukwekkende prestasie op verskeie wêreldwye ranglyste voort met ’n 120ste plek op die 2021 Times Higher Education (THE) Young University Rankings. Lees meer

April 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) sit sy uitstekende prestasie op wêreldwye ranglyste voort. In die jongste ranglysgradering het die Center for World University Rankings (CWUR) die NWU in hulle 2021/2022-uitgawe van die Global 2000-lys in die top-4,7% van universiteite geplaas. Lees meer

Universiteite in ontluikende ekonomieë

Maart 2021

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het weer eens presteer met ’n top-100-plasing – en oorkoepelende sesde plek in Suid-Afrika – op die internasionale ranglys vir universiteite in ontluikende ekonomieë (Emerging Economies University Ranking) van Times Higher Education (THE). Lees meer

2020

Times Higher Education (THE) World Rankings 

Oktober 2020

The latest rankings by Times Higher Education (THE) World Rankings and the 2021 Best Global University Rankings again, like various previous rankings, recognised the good standing of the North-West University (NWU) among the best tertiary-education institutions. This is not only locally but also internationally, as measured in international rankings. One of these rankings, THE World Rankings, highlights the quality of its subject offerings, while the other one, the 2021 Best Global University Rankings, has placed the NWU among the cream of the crop of local universities. Read more

Times Higher Education ranks NWU among top 6 universities in SA 

September 2020

The latest rankings of world universities by Times Higher Education (THE) are another feather in the cap for the North-West University (NWU). The NWU has had consistent good showings in rankings by various international ranking agencies this year. This ranking places the university among the top six (6) universities in South Africa. Read more

On a global scale

August 2020

The consistent good achievements of the North-West University (NWU) in world rankings is further celebrated with the announcement that it has been ranked in the top 4,7% of 20 000 universities globally. Read more

Shanghai Ranking Consultancy’s Global Academic Ranking of World Universities (ARWU)

July 2020

The quality subject offerings in the fields of atmospheric science, clinical medicine, education, hospitality and tourism management, and public health at the North-West University (NWU) have elevated the university in global rankings. It is also a great achievement for the NWU to be ranked first in the region for mathematics.

According to the latest findings of the Shanghai Ranking Consultancy’s Global Academic Ranking of World Universities (ARWU), the NWU features among the top universities in the above areas of expertise. This reaffirms the NWU as an academic institution where excellence continuous to triumph and quality of the highest standards is celebrated. Read more

Times Higher Education (THE) - Young University Rankings

June 2020

The North-West University (NWU) continues its good run in international rankings. The university has now also been ranked among the best 101 to 150 universities out of more than 350 universities in the Times Higher Education (THE) Young University Rankings. 

Read more

Times Higher Education (THE) - Emerging Economies University Ranking 

February 2020

The North-West University’s (NWU’s) continued good performance in rankings has been further cemented with a top 5 spot among local universities ranked in the latest Emerging Economies University Ranking of Times Higher Education (THE). Read more

 

2019

Center for World University Rankings (CWUR)

Die onlangs gepubliseerde rangordening deur die "Centre for World University Rankings" (CWUR) toon dat die Noordwes-Universiteit inderdaad besig is om opgang te maak.

Die NWU het bykans 100 plekke geklim, vanaf posisie 964 tot 869, wat beteken dat dit nou onder die top 4,8% van die meer as 18 000 geëvalueerde universiteite (wêreldwyd) is. Alhoewel die NWU steeds in die sewende plek is met betrekking tot CWUR se rangordening van Suid-Afrikaanse universiteite, is dit sonder twyfel die plaaslike universiteit wat sy posisie die meeste verbeter het.

Die Center for World University Rankings (CWUR) publiseer die enigste globale universiteitsrangordening wat die gehalte van onderwys en opleiding van studente sowel as die prestige van die fakulteitslede en die gehalte van hul navorsing meet. Anders as ander organisasies baseer CWUR nie sy ranglys op data wat ingedien word deur universiteite of wat ingesamel word deur opnames nie.  

Lees verder

Vir verdere inligting besoek die Center for World University Rankings

 

Global Academic Ranking of World Universities

Die NWU spog ook met verskeie akademiese programme in die top 500, top 400 en top 100 in die wêreld, volgens die globale Academic Ranking of World Universities. Hierdie rangordestelsel bestaan uit meer as 1 600 universiteite in 83 lande. Die NWU se top programme is geografie, sielkunde, omgewingswetenskappe, wiskunde, politieke wetenskap, onderwys, ingenieurswese, toerisme en rekeningkunde.

Vir meer inligting besoek die globale Academic Ranking of World Universities

 

Times Higher Education (THE) World University Rankings

Die NWU vaar konsekwent uitstekend in hierdie rangordening. Die Universiteit is in die vyfde plek in Suid-Afrika. Globaal is die NWU tussen nommer 501 en 600 uit die 1 396 deelnemende universiteite.

Lees verder

Die rangordeningsmaatskappy het die NWU in die 401+ groep geplaas uit 536 internasionale universiteite vir die kunste en geesteswetenskappe.

Lees verder

Vir verdere inligting besoek die Times Higher Education World University Rankings

 

US News and World Reports’ 2020 Best Global Universities rankings

Die US News and World Reports' 2020 Best Global Universities rankings het die NWU onder die voorste sewe universiteite in Suid-Afrika geplaas. Die NWU het opgang gemaak vanaf die 708ste plek verlede jaar tot die 645ste plek vanjaar.

Vir verdere inligting besoek die US News and World Reports' 2020 Best Global Universities-rangordening