Konvokasie

NWU Konvokasie

Neem aktief deel aan die NWU se toekoms. Sluit aan by ons Konvokasie en wees deel van die besluitnemingsproses by die NWU!


Die NWU-Konvokasie bestaan uit oudstudente (alumni) wat ʼn graad of diploma aan die NWU of sy voorgangers verwerf het, sowel as alle huidige permanente personeellede van die Universiteit.

Lidmaatskap kan verkry word via ʼn formele aansoek en ʼn eenmalige betaling van R50 vir lewenslange lidmaatskap. Die Konvokasie, wat as ʼn statutêre liggaam van die NWU erken word, is ʼn integrale deel van die formele bestuursraamwerk van die Universiteit, soos uiteengesit in die Universiteit se Statuut.

Die primêre doel van die Konvokasie is om die welsyn van die NWU te bevorder deur sy beeld, tradisies en belange te beskerm. Dit dien as ʼn brug tussen die Universiteit en sy lede. Die Konvokasie geniet verteenwoordiging op die Universiteit se Raad en werk nou saam met ander entiteite soos die Alumnivereniging, wat interaksie tussen die Universiteit en sy alumni bevorder. Lidmaatskap bied aan jou ʼn betekenisvolle geleentheid om jou sê te sê oor die bestuur van jou alma mater.

 

 

Wie is die Konvokasie-verteenwoordigers? Nuwe hoofstuk vir die NWU

Die lewe loop in siklusse … seisoene, jare, maande, termyne …
Dinge kom en gaan, en so het ’n nuwe tyd vir al ons alumni van die NWU met die verkiesing van die NWU Konvokasie se uitvoerende komitee aangebreek. Lede van die NWU Konvokasie het hulle stemme tydens die driejaarlikse algemene vergadering laat geld en ’n klomp nuwe gesigte het ná die verkiesing hulle verskyning gemaak. Vanjaar was die eerste keer wat die vergadering hibried aangebied is en deelname het verwagtinge oortref.
 
Dit was lekker om te sien hoe Konvokasielede hulle stemreg waardeer en die reg uitoefen om te verseker die room van die oes alle alumni op die komitee sowel as in die universiteitsraad verteenwoordig. Vanaf die Alumnikantoor wil ons graag baie geluk sê aan die volgende lede met wie ons die volgende drie jaar ’n pad sal loop.

    Noordwes-Universiteit Konvokasie Exco 2025-2028

    Tutu Kgobane

    President

    Tutu Kgobane 

    Frik van Deventer

    Visepresident

    Frik van Deventer

    Mpho Mosia

    Penningmeester

    Mpho Mosia

    Bykomende lede

    Leenta Grobler

    Leenta Grobler

    Gerhard Laufs

    Gerhard Laufs

    Hans-Jurie Moolman

    Hans-Jurie Moolman

    Suzanne Paxton

    Suzanne Paxton

    Arrie Rautenbach

    Arrie Rautenbach

    Boitumelo Mogohu

    Boitumelo Mogohu

    Doen hier aansoek vir lidmaatskap van die Konvokasie.

     

    Lidmaatskap en aansoekvorm

    Elke gegradueerde en gediplomeerde van die NWU en sy voorgangers het die reg om aan die Konvokasie te behoort. Dit geskied egter slegs deur middel van ʼn aansoek en is NIE ’n outomatiese aksie nie. Lidmaatskap van die Konvokasie is ook oop vir huidige permanente personeellede van die Universiteit.
    Om ’n lid van die Konvokasie te word, moet u ʼn lidmaatskapaansoekvorm invul en die eenmalige nominale bedrag van R50 betaal, soos uiteengesit op die aansoekvorm.

    Ingevolge die Statuut van die NWU is die bedrag van R50 betaalbaar om ’n lid van die NWU se Konvokasie te word. Dit is vir lewenslange lidmaatskap indien jy ’n alumnus is. Betalings kan op twee maniere gedoen word:

    Betaalopsie 1

    Enige navrae kan gerig word aan Nicolize van der Walt by die Konvokasiekantoor: 018 2852594, of per e-pos: Nicolize.VanDerWalt@nwu.ac.za

    Betaalopsie 2

    Maak 'n betaling na:

    • Rekeningnaam: North-West University;
    • Nommer: 670640086;
    • Bank: ABSA Noordbrug;
    • Takkode: 335-138;
    • Verwysing: KON + voorletters + van (byvoorbeeld KON R Nel).

    E-pos asseblief die depositostrokie/betalingsbewys en hierdie aansoekvorm na Nicolize.VanDerWalt@nwu.ac.za of pos dit na: Kantoor van die Konvokasie, NWU, Privaatsak X1290, Potchefstroom, 2520.

    Jou aansoek kan nie sonder 'n volledige aansoek en bewys van betaling verwerk word nie.