Navorsing en Innovasie

 

Die intensivering van ons navorsing- en innovasie-aktiwiteit is die sleutel tot die verwerkliking van ons droom om aan te beweeg vanaf ’n gebalanseerde onderrig- en leer-universiteit na ’n meer navorsingsintensiewe instelling. Ons streef daarna om ’n internasionaal-erkende universiteit in Afrika te wees wat vir betrokke vakkundigheid, maatskaplike responsiwiteit en ’n sorgsaamheidsetiek onderskei word. Die doel is om ’n impak op navorsingsfokusareas te maak, uitgebreide befondsing en die beste personeel vir navorsing en innovasie te lok en kommersialisasiegeleenthede aan te gryp. Ons navorsings- en innovasiemodel vereis dat die NWU op spesifieke temas moet fokus, wat ons as gebiede van navorsingsuitnemendheid vir die universiteit ontwikkel. Hierdie metode gaan waarskynlik tot die lewering van navorsings- en innovasieprojekte met groter impak lei. Navorsings- en innovasiefokuspunte van uitnemendheid word gereeld hersien om geleenthede te realiseer wat voortspruit uit nuwe areas wat as prioriteite geïdentifiseer is.

 

Regoor die wêreld

"Die navorsingsinvloede van ’n universiteit word op die ranglyste gemeet deur die getal keer wat daardie werk deur ’n akademikus by daardie universiteit deur ’n ander vakkundige aangehaal word. Die effek van navorsingsinvloed op jou universiteitservaring korreleer met die gehalte van die navorsing." Times Higher Education (THE) World University Rankings verduidelik.

Kyk hoe die NWU wêreldwyd op die ranglyste vaar.

Op die tuisfront

"Navorsing is om te sien wat almal anders gesien het, en om te dink waaraan niemand anders gedink het nie …Albert Szent-Györgyi

Die NWU is die tuiste van die beste navorsingskragte in Afrika. Daar is navorsingsleerstoele, sentrums van uitnemendheid en nog meer in elkeen van ons agt fakulteite te vind.

Lees oor ons fakulteitsgebaseerde entiteite.

Ons NNS-gegradeerde Navorsers

"Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) bevorder Suid-Afrikaanse navorsings- en innovasiebelange regoor die land en internasionaal.." NNS

Die NWU het ten doel om die perfekte omgewing te kweek om ons navorsers te help om "voorste internasionale navorsers" (NNS) te word.

Ontmoet ons NNS-gegradeerde navorsers

Vra ons kundiges

SSukses moet gemeet word, nie soseer aan die posisie wat ’n mens in die lewe bereik het nie, maar aan die struikelblokke wat hulle oorkom het terwyl hulle probeer het om sukses te behaal..” Booker T. Washington 

Ons kundiges is spesialiste op hulle gebied. Gedemonstreerde ervaring en sukses is waarom die media dikwels ons kundiges vertrou om opiniestukke te verskaf of om oor aktuele sake kommentaar te lewer.

Ontmoet ons kundiges


Navorsingnuus