Welkom by die NWU

Toer die NWU

 

Die NWU is daartoe verbind om te funksioneer as ʼn unitêre, geïntegreerde, multikampusuniversiteit wat billikheid, herstel en globaal mededingende onderrig en navorsing oor al drie kampusse heen moontlik maak. Ons kernaktiwiteite, onderrig-leer en navorsing is vervleg met gemeenskapsbetrokkenheid en innovasie in ons agt fakulteite waarvan die meeste afstand- sowel as kontakstudente dien.

Die NWU bied meer as net ʼn opvoeding: ons bied aan mense ʼn plek in die wêreld. Ons akademiese aanbod bied aan studente ʼn groot keuse en buigsaamheid, en stel hulle in staat om hul volle potensiaal te verwesenlik en om te begin voorberei vir hul loopbane.

Deur samewerking met ander universiteite en instansies wêreldwyd is ons deel van die globale hoëronderwysgemeenskap. Ons internasionaliseringsaktiwiteite sluit in uitruilprogramme vir studente en personeel en samewerking in akademiese, navorsings-, kulturele en sportaangeleenthede.
Soos wat ons sing in ons Universiteitslied: “waar die wilgers welig spruit, doringboom sy skadu sprei, soos ons groei in kundigheid..."

 

Waar om te studeer?


Ons identiteit

Ontmoet ons gelukbringer

Ons, as die NWU, bied hoëgehalte akademiese programme en ʼn dinamiese studentelewe. Daar is geen beter simbool as ons gelukbringer, Eagi, om die handelsmerkeienskappe van ʼn unitêre NWU te verteenwoordig nie. Die arend het ʼn positiewe betekenis in baie verskillende kulture. Dit verteenwoordig positiewe eienskappe wat perfek met die NWU se strategie en doelstellings ooreenkom. Dit sluit in sukses, aspirasie, moed, uitbreiding, nuwe lewe, leierskap en vryheid. Eagi simboliseer ons verbintenis tot ʼn kreatiewe benadering tot die lewe en ons strewe om uit te styg bo die res. Hy weerspieël ons talent vir die vind van nuwe geleenthede om uit te blink en voortdurend te verbeter. Eagi vergestalt ook die belangrikheid van die implementering van etiek in alles wat ons doen, wat inpas by die waardegedrewe aard van die NWU.

20 jaar

 


Meer oor ons

NWU-waardes en Waardegedrewe Gedrag

Om ons NWU-droom te verwesenlik, bou ons aktief ʼn verwelkomende, inklusiewe en instaatstellende kultuur onder personeel en studente wat berus op gedrag wat strook met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid, diversiteit en ʼn sorgsaamheidsetiek. Lees meer

Handelsmerkeienskappe

Akademiese Uitnemendheid

Kwaliteit, innoverende onderrig en leer, relevant, baanbrekersnavorsing, beroepsgerig, vooruitdenkend, ens.

Relevante Graduandi

Indiensneembaarheid, impak in die arbeidsmark (ekonomiese bydrae), innoverend, opgelei vir werklike ervarings, werk in spanne, doeltreffende leiers, internasionaal erkende alumni, ens.

Dinamiese Studente

Studentewaardeproposisie, studentelewe, studentegemeenskap, boeiend, lewenservaring, maak ʼn verskil, innoverend, ens.

Waardegedrewe

Etiek in alle strewes; akademiese integriteit; akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing, verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, regverdigheid en deursigtigheid, en waardering vir diversiteit.

Maatskaplike Responsiwiteit

Gemeenskapsimpak en volhoubaarheid, betrokke studente- en personeelgemeenskap, etiese sorg, bevoordeel die samelewing deur kennis, inklusiwiteit, bevorder meertaligheid, personeel:studente-verhouding (geslag en ras), ens.

Geskiedenis van die NWU

Die NWU het amptelik op 1 Januarie 2004 tot stand gekom as deel van die Suid-Afrikaanse regering se plan om hoër onderwys te transformeer. Die voormalige Universiteit van Noordwes het saamgesmelt met die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. ʼn Derde party was die Sebokengkampus van ʼn ander hoofsaaklik swart universiteit, Vista, waarvan die personeel en studente geïnkorporeer is.

Hul samekoms om die Noordwes-Universiteit (NWU) te vorm, was ʼn sterk simboliese gebaar van versoening en nasiebou – en hoogs doeltreffend. Die oorgang na die verenigde NWU is geloof as een van die mees geslaagde en stabiele samesmeltings in Suid-Afrika. Nog elke jaar sedert die samesmelting het die NWU ʼn gesonde finansiële surplus opgelewer, die studenteslaagsyfer verbeter, die navorsingsuitset verhoog en uitgestyg in die korporatiewebestuurranglys vir Suid-Afrikaanse universiteite.

Hierdie stabiliteit getuig van die kultuur van oorlegpleging by die NWU, ons duidelike visie, waardes en missie, ons doeltreffende korporatiewe bestuur en leierskap, en die goed gedefinieerde strategiese en bedryfsplanne wat ons opgestel het om die NWU vorentoe te vat.