Alumni

 

   

NWU Alumni: dra die naam van die NWU in die wêreld uit.

Daar is talle redes om met jou alma mater kontak te behou nadat jy ’n graad behaal het. Dit sluit in dat jy deel kan wees van ’n wêreldwye netwerk van NWU-alumni wat jou opvoedkundige agtergrond deel, dat jy toegang kan hê tot die alumni-loopbaanpoort en die geleentheid kan hê om tot die toekomstige ontwikkeling van die NWU by te dra.

Die Universiteit het twee hoofkanale waardeur kontak met alumni behou word: die Alumnivereniging en die NWU Konvokasie.

Ons kommunikeer met ons meer as 300 000 alumni wêreldwyd, deel opwindende nuus, geleenthede en versterk so jou band met en toewyding aan die NWU. 

Ons wil jou deel maak van ’n netwerk en jou bemagtig met toegang tot ’n platform met geleenthede en inligting, lank nadat jy gegradueer het.