NWU, Kaarte en roete-aanwysings

Kaarte en Aanwysings

Gebou C1 (Potchefstroom)
Mahikengkampus
Potchefstroomkampus
Vanderbijlparkkampus

 

Gebou C1 (Potchefstroom)

Roetekaart na gebou C1 (Potchefstroom)

Aanwysings

N12 VANAF JOHANNESBURG:
Volg die N12 na Potchefstroom. Nadat u Potchefstroom binnegekom het, draai by die vyfde robot regs in Govan Mbeki-rylaan (Mooirivier-rylaan). Die Mooiriver Mall sal aan u regterkant wees. Ry verby die Riverwalk-inkopiesentrum, McDonald's en KFC – alles aan u linkerkant. Draai links in Chief Albert Luthuli-rylaan (Von Wiellighstraat). Ry tot by die vierrigtingstop (die eerste een ná die robot by die Shell-garage) en draai regs in Hoffmanstraat. Ry oor nóg twee vierrigtingstoppe. Draai links by die derde vierrigtingstop; u is nou by die sekuriteitsingang van Gebou C1. Die fisiese adres is Borcherdstraat 53.
 
N12 VANAF KLERKSDORP:
Draai by die derde robot links in Beyers Naudélaan (Krugerstraat), direk nadat u die brug oorgesteek het. Ry reguit aan. By die vierde stopteken word Beyers Naudélaan Hoffmanstraat. Ry aan met hierdie straat. Draai by die derde vierrigtingstopstraat links na die sekuriteitsingang van Gebou C1.
 
R53 VANAF VENTERSDORP:
Nadat u verby die artillerieskool se menasie aan u linkerkant gery het, draai by die robot links in Meyerstraat. Ry verby die Medikliniek aan u regterkant. Kruis twee vierrigtingstopstrate en ry oor ’n brug. Net na die brug, draai regs in Hoffmanstraat. Draai by die volgende vierrigtingstopstraat links na die sekuriteitsingang van Gebou C1.
 
GPS-koördinate:
S26º41´36´´
E27º05´35´´

 

Mahikengkampus

Roetekaart na die Mahikengkampus

Kampuskaart

Aanwysings

R53 VANAF POTCHEFSTROOM
Neem die R53 vanaf Potchefstroom na Ventersdorp. Neem die N14 vanaf Ventersdorp na Coligny. Neem die R503 vanaf Coligny na Lichtenburg. Neem die R503 vanaf Lichtenburg na Mahikeng. Ry met die N18 na die Noordwes-Universiteit, Mahikengkampus.
 
N14 VANAF KRUGERSDORP
Ry van Johannesburg na Krugersdorp. In Krugersdorp, neem die N14 na Ventersdorp. Neem die N14 na Coligny. Neem die R503 vanaf Coligny na Lichtenburg. Neem die R503 vanaf Lichtenburg na Mahikeng. Ry Mahikeng binne met Nelson Mandelarylaan en ry ongeveer sewe kilometer aan. Nadat u by ’n Sasolgarage verby is, sal u die Mmabatho Palms Hotel aan u regterkant sien. Draai by die robot voor die hotel links in Albert Luthulistraat. Ry ongeveer 2,5 kilometer aan. Kruis die spoorlyn en wees op die uitkyk vir ’n stel robotte wat reguit voor u lê (nie skuins na links nie). Wees op die uitkyk vir ’n watertoring aan u linkerkant. By die volgende robot, draai regs na die ingang van die Mahikengkampus.
 
GPS-koördinate:
S25º49´44´´
E25º36´32´´

 

Potchefstroomkampus

Roetekaart na die Potchefstroomkampus

Kampuskaart

Aanwysings

N12 VANAF JOHANNESBURG
Volg die N12 na Potchefstroom. Nadat u Potchefstroom binnegekom het, draai by die vyfde robot regs in Govan Mbeki-rylaan (ou Mooirivier-rylaan). Die Mooiriver Mall sal aan u regterkant wees. Ry verby die Riverwalk-inkopiesentrum, McDonald's en KFC (alles aan u linkerkant). Draai links in Chief Albert Luthuli-rylaan (Von Wiellighstraat). Ry tot by die vierrigtingstop (die eerste een ná die robot by die Shell-garage) en draai regs in Hoffmanstraat. Die straat eindig by die hoof- en sekuriteitsingang van die Potchefstroomkampus.

N12 VANAF KLERKSDORP
Draai by die derde robot links in Beyers Naudélaan (Krugerstraat), direk nadat u die brug oorgesteek het. Ry reguit aan. By die vierde stopteken word Beyers Naudélaan Hoffmanstraat. Die straat loop dood by die sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.

R53 VANAF VENTERSDORP
Nadat u by die artillerieskool se menasie aan u linkerkant verbygery het, draai by die robot links in Meyerstraat. Ry verby die Medikliniek aan u regterkant. Kruis twee vierrigtingstopstrate en ry oor ’n brug. Net na die brug, draai links in Hoffmanstraat. Die straat loop dood by sekuriteitsingang na die Potchefstroomkampus.

GPS-koördinate:
S26º41´26´´
E27º05´36´´

 

Vanderbijlparkkampus

Roetekaart na die Vanderbijlparkkampus

Kampusplan

Aanwysings

R59 VANAF JOHANNESBURG
Ry met die R59 verby Alberton na Vereeniging. Ry deur Vereeniging en neem die R42 na Vanderbijlpark. Draai by die robot by Pick ’n Pay links, en kruis dan twee vierrigtingstopstrate. Draai regs by die drierigtingstopstraat (River Spray op linkerkant), ry regoor by die robot-kruising in Hendrik van Eck-boulevard – die kampus is aan die linkerkant.
 
N1 (SEMENTPAD) VANAF JOHANNESBURG
Neem die snelweg deur die tolhek. Kruis die vierrigtingstopstraat, so ook twee robotte, en ry in die rigting van Sasolburg. Neem dan die inglipbaan links, draai links en volg die padtekens tot by die kampus.
 
N12 VANAF KLERKSDORP
Ry met die N12 (Joe Slovoweg) reguit na Potchefstroom (N12 – Nelson Mandelarylaan). Draai regs op die R53 (Paryslaan) en hou aan met die R53 – die pad draai effe na links by die R42. Hou aan en draai regs op die R57 (Goue Hoofweg). Draai links in Ravelstraat en hou reguit aan tot in Beethovenstraat, reguit aan tot in Frikkie Meyerstraat, dan in die inglipbaan, reguit aan in Hendrick van Eck-boulevard. Hou aan totdat u die NWU-Vaal aan u regterkant kry.
 
GPS-koördinate:
S26°43’31.0”
E27°52’ 45.2”