
Prof. Linda du Plessis
Senior Adjunk-Visekansellier: Onderrig en Leer

Luzelle van Rensburg
Persoonlike assistent vir die AVK: Onderrig en Leer
(018) 299 4871
Luzelle.VanRensburg@nwu.ac.za
Wat ook al jou agtergrond is en waar jy ook al is, die NWU bied vir jou ’n geleentheid vir onderrig. Ons is verbind tot die sukses van studente: voel welkom en kontak ons.
Die NWU, Suid-Afrika se tweede grootste universiteit, met sy lang belegging in afstandleer, het maatskaplike geregtigheid aanvaar as die lens waardeur alle onderrig en verwante voorsiening oorweeg, gesintetiseer en georganiseer word. Maatskaplike geregtigheid verklaar ons toewyding aan selfgerigtheid in studenteleer, ’n verbintenis tot 21ste-eeuse vaardighede, asook studente-ondersteuning van ’n hoë gehalte, veral in aanlyn of afstandsleermodules. Maatskaplike geregtigheid verklaar ons toewyding om geleenthede vir studente te maksimaliseer om hulle taal van voorkeur te gebruik, asook om Engels as gemeenskaplike taal van kommunikasie te bemeester. Maatskaplike geregtigheid verklaar ook ons begrip van die kurrikulum as dat dit die gemeenskap insluit (diens- asook werksplek-ervaring).
Onderrig en Leer

Hoofdirekteur: Onderrig en Leer
Mpho Chaka
+27183892908
mpho.chaka@nwu.ac.za

Luzelle van Rensburg
Persoonlike assistent vir die hoofdirekteur: Onderrig en Leer
(018) 299 4871
Luzelle.VanRensburg@nwu.ac.za
Die afdeling van die senior adjunk-visekanselier (AVK) sluit die Sentrum vir Onderrig en Leer in, wat vir personeel se akademiese ontwikkeling, studentesteun en ontwikkeling, e-leer en kurrikulumontwikkeling verantwoordelik is.
Onderrig en leer, asook ondersteuningsdienste aan ons studente, is hoog op ons prioriteitslys. Die toegewyde dosente van ons fakulteite en ondersteuningspersoneel is dus goed toegerus om leer, ondersteuning en leiding aan ons studente te verskaf. Ons tegnologiese oplossings het dit moontlik gemaak dat onderrig en leer ononderbroke kan voortgaan, ten spyte van die uitdagings wat met kragonderbrekings geassosieer word.
Die eenheid vir Kwalifikasie en Akademiese Program-beplanning help fakulteite hoofsaaklik met die prosesse ten opsigte van die raadplegingstrukture vir interne goedkeurings en aanbevelings (soos die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde), en eksterne goedkeurings- en akkreditasieprosesse wat op die RHO, SAKO, HOKK en DHOO en ander statutêre liggame betrekking het om te verseker dat die PKM van die universiteit op datum en in ooreenstemming met die universiteit se strategie bly en op veranderinge in die regulatoriese en markomgewing reageer.
Die Taaldirektoraat van die NWU is ’n ondersteuningsdienste-afdeling wat ’n verskeidenheid taaldienste aan die universiteit lewer: taalbeplanning (beleid en implementering), vertaling, tolking, taalredigering, taaladvies en ’n taalombudsmanfunksie. Voorts doen die direktoraat ook navorsing waar dit op enige van sy taalaktiwiteite betrekking het.
Die bestuurder van Akademiese Toekennings val onder die afdeling vir Onderrig en Leer en hou toesig en rapporteer oor die geoormerkte toekenningsaktiwiteite (vir onderrig en leer, asook navorsing, in samewerking met die AVK se Navorsing en Innovasie-kantoor) waaroor daar aan die regering en ander agentskappe verslag gedoen moet word.
Die AVK se kantoor ondersteun die Registrateurskomitee vir Ooreenkomste met die NWU, wat alle ooreenkomste met die NWU met ’n onderrig en leerfokus (hetsy vir voor- of nagraadse, of voortgesette opleidingsprogramme) vir ondertekening bekragtig.
Taaldirektoraat

Direkteur: Taaldirektoraat
Senior Administratiewe Assistent
Lefa Sobuthongo
(018) 299 4445
Besoek ons webtuiste vir meer inligting
Akademiese Toelaes

Bestuurder van Akademiese Toelaes
(018) 285 2334
Edwina.Fransman@nwu.ac.za
Senior administratiewe assistent
Tebogo Kgaile
(018) 389 2490
Strategiese Intelligensie

Direkteur: NWU Strategiese Intelligensie
(018) 299 4861
janhendrik.viljoen@nwu.ac.za
Kwaliteitsverbetering

Direkteur: Kwaliteitsverbetering
(018) 299 4874
jannie.jacobsz@nwu.ac.za
Besoek die Kwaliteitsverbetering webwerf vir meer inligting.