
BEHEER EN BESTUUR
Beheerstrukture
Senaat
Die Senaat keur al die akademiese programme en akademiesverwante werk goed, insluitend onderrig-leer, navorsing en innovering en implementering van kundigheid (wat programme vir gemeenskapbetrokkenheid inkorporeer). Die Senaat, wat aanspreeklik is teenoor die Raad, voer ook enige ander funksie uit in opdrag van die Raad.
Die NWU-senaat is op 10 Mei 2006 gestig ingevolge die NWU-statuut, soos op 8 Augustus 2005 in die Staatskoerant gepubliseer is.


