Beheerstrukture - Senaat

Die Senaat keur al die akademiese programme en akademiesverwante werk goed, insluitend onderrig-leer, navorsing en innovering en implementering van kundigheid (wat programme vir gemeenskapbetrokkenheid inkorporeer). Die Senaat, wat aanspreeklik is teenoor die Raad, voer ook enige ander funksie uit in opdrag van die Raad.

Die NWU-senaat is op 23 Augustus 2017 gestig ingevolge die NWU-statuut, soos op 24 Maart 2017 in die Staatskoerant gepubliseer is.