Institusionele Registrateur

 

Prof MM Verhoef

Die Registrateur dien as die statutêre sekretaris vir die Raad, die Senaat, die NWU Bestuur, die Konvokasie en hulle onderskeie komitees en verskaf leiding ten opsigte van goeie korporatiewe bestuur, verseker voldoening aan wetgewende en statutêre vereistes en ondersteuning deur die doeltreffende funksionering van 'n komiteesekretariaat vir die universiteit.

Die Registrateur is aanspreeklik vir studenteregistrasies, gradeplegtighede en eksamens op institusionele vlak, eksterne versekering van akademiese programgoedkeuring, -akkreditering en -registrasie en ook om die studenteadministrasie- en bestuursinligtingstelsels tot stand te bring en in stand te hou.

Ander ondersteuningsdepartemente en funksies binne die Registrateur se portefeulje sluit in: argief en museums, rekordbestuur en administrasie, die saamstel van kalenders en roosters, die voorsiening van regsdienste aan die universiteit as geheel deur die Regskantoor en internasionalisering en voortspruitende ooreenkomste.