Kantoor van die adjunk-visekanselier vir onderrig en leer

Kantoor van die Adjunk-Visekanselier: Onderrig en Leer

Wat ook al jou agtergrond is en waar jy ook al is, die NWU bied vir jou ’n geleentheid vir onderrig. Ons is verbind tot die sukses van studente: voel welkom en kontak ons.
 
Die NWU, Suid-Afrika se tweede grootste universiteit, met sy lang belegging in afstandleer, het maatskaplike geregtigheid aanvaar as die lens waardeur alle onderrig en verwante voorsiening oorweeg, gesintetiseer en georganiseer word. Maatskaplike geregtigheid verklaar ons toewyding aan selfgerigtheid in studenteleer, ’n verbintenis tot 21ste-eeuse vaardighede, asook studente-ondersteuning van ’n hoë gehalte, veral in aanlyn of afstandsleermodules. Maatskaplike geregtigheid verklaar ons toewyding om geleenthede vir studente te maksimaliseer om hulle taal van voorkeur te gebruik, asook om Engels as gemeenskaplike taal van kommunikasie te bemeester. Maatskaplike geregtigheid verklaar ook ons begrip van die kurrikulum as dat dit die gemeenskap insluit (diens- asook werksplek-ervaring).

 

Adjunk-Visekanselier: Onderrig en Leer
Prof Robert Balfour

(018) 285 2106
robert.balfour@nwu.ac.za
Prof RJ Balfour CV 
Mediapublikasies
Sleuteldokumente

Uitvoerende Persoonlike assistent vir die Adjunk-Visekanselier: Onderrig en Leer
Mr Dube Dube
(018) 285 2105
Dube.Dube@nwu.ac.za

 

Adjunk-visekanselier

Die afdeling van die adjunk-visekanselier (AVK) sluit die Sentrum vir Onderrig en Leer in, wat vir die personeel se akademiese ontwikkeling, studente-ondersteuning en -ontwikkeling, e-leer en kurrikulumontwikkeling verantwoordelik is.
 
Die Eenheid vir Voortgesette Onderrig (EVO) verskaf besigheidsontwikkelingsgeleenthede, asook logistieke en gehalteversekeringsondersteuning vir die aanbieding van alle kortleerprogramme deur fakulteite.

Deur rekenaar- en internettoegang maak die Eenheid vir Afstandsleer (O-L) dit moontlik vir studente om ʼn tersiêre kwalifikasie vanaf enige plek in Suid-Afrika, of internasionaal, te behaal. Die EOAL verwyder dus leerhindernisse, aangesien dit nie net buigsaamheid vir ons studente bied nie, maar ook studente in staat stel om te studeer ten spyte van geografiese beperkings met betrekking tot toegang tot metropolitaanse sentrums.

Onderrig en leer sowel as ondersteuningsdienste aan ons studente is hoog op ons prioriteitslys. Ons toegewyde dosente en ondersteuningspersoneel is dus goed toegerus om leer, ondersteuning en leiding aan ons studente te bied. Ons tegnologiese oplossings het dit moontlik gemaak vir onderrig en leer om ononderbroke voort te gaan ondanks die uitdagings van kragonderbrekings en Covid-19.

Die Eenheid vir Afstandsleer (O-L) poog om uiteindelik sy voetspoor na Afrika uit te brei, en om dit te bereik, sal ons aanhou om in ons studente te investeer. Ons belofte is om geleenthede te skep vir studente om hul loopbane te versnel deur hul voorgraadse en nagraadse kwalifikasies te verwerf en sodoende hul doeltreffendheid in die werkplek sowel as hul persoonlike selfontwikkeling te verbeter. Kom ons beweeg saam vorentoe!

Die Taaldirektoraat van die NWU is 'n ondersteuningsdienste-afdeling wat 'n verskeidenheid taaldienste aan die Universiteit lewer: taalbeplanning (beleid en implementering), vertaling, tolking, taalversorging, taaladvies en 'n taalombudsmanfunksie. Verder doen die Direktoraat ook navorsing waar dit van toepassing kan wees op enige van sy taalaktiwiteite

Die Eenheid vir Kwalifikasie- en Akademiese Program-beplanning staan fakulteite by met die prosesse ten opsigte van die interne oorlegplegingstrukture vir goedkeurings en aanbevelings (soos die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde), en eksterne goedkeurings- en akkrediteringsprosesse m.b.t. die RHO, SAKO, HOKK en DHOO en ander statutêre liggame ten einde te verseker dat die Universiteit se PKM op datum en belyn met die Universiteit se Strategie bly, en responsief tot veranderings in die regulatoriese en markomgewing.

Die bestuurder van Akademiese Toelaes val ook binne die AVK se afdeling en hou, in samewerking met die AVK se kantoor vir Navorsing en Ondersteuning, toesig oor die aktiwiteite ten opsigte van toelaes wat bestem is vir onderrig en leer, asook vir navorsing, waaroor daar aan die regering en ander agentskappe verslag gedoen moet word. Laastens ondersteun die AVK se kantoor die Registrateurskomitee vir Ooreenkomste met die NWU, waar alle ooreenkomste met die NWU wat op onderrig en leer fokus (hetsy vir nagraadse, voorgraadse, of voortgesette onderrigprogramme) vir ondertekening bekragtig word. Laastens verskaf die Uitvoerende Adviseur van die AVK spesialisondersteuning vir toegewyde inisiatiewe en projekte wat op die Universiteit se programme en strategiese prerogatiewe in die AVK se kantoor betrekking het.

The DVC's Leadership Team

  • Prof Willie van Vollenhoven -SOL
  • Me Sharon Paulse - K&APB
  • Dr Joany Fransman
  • Dr Kea Seshoka, Direkteur vir die Taaldirektoraat
  • Me Edwina Fransman, Bestuurder van die Akademiese Toelaes

 

Ondersteuningspesialiste
 

Rolien Roos

Me Rolien Roos
Direkteur: Beplanning en spesiale projekte
(018) 299 4972
Roelien.Roos@nwu.ac.za

 

Persoonlike assistent vir die AVK: Onderrig en Leer
Mr Dube Dube
(018) 285 2105
Dube.Dube@nwu.ac.za

 

Ms Carren Serame
Administratiewe assistent van die DVC: Onderrig en Leer
(018) 285 2105
 

Sentrum vir Onderrig en Leer

Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) is verantwoordelik vir die akademiese ontwikkeling van personeel, studente-ondersteuning, e-leer en kurrikulumontwikkeling.

 

Prof Willie van Vollenhoven
Hoofdirekteur: Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)
(018) 299 4868
Willie.VanVollenhoven@nwu.ac.za

 


 

Persoonlike assistent van die Hoofdirekteur: Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)
Luzelle van Rensburg
(018) 299 4871
Luzelle.VanRensburg@nwu.ac.za

 

 

 

Eenheid vir Afstandsleer (EAL)

Deur rekenaar- en internettoegang maak die Eenheid vir Afstandsleer (O-L) dit moontlik vir studente om ʼn tersiêre kwalifikasie vanaf enige plek in Suid-Afrika, of internasionaal, te behaal. Die EOAL verwyder dus leerhindernisse, aangesien dit nie net buigsaamheid vir ons studente bied nie, maar ook studente in staat stel om te studeer ten spyte van geografiese beperkings met betrekking tot toegang tot metropolitaanse sentrums.

Joanie Fransman

Dr Joany Fransman
Direkteur EAL
(018) 299 2160

Joany.Fransman@nwu.ac.za

Persoonlike Assistent
Bernie Swarts
(018) 285 2046

Bernie.Swarts@nwu.ac.za

Taaldirektoraat

Dr Keaobaka Seshoka

Dr Keaobaka Seshoka
Direkteur: Taaldirektoraat

email

Persoonlike assistent
Mnr Lefa Sobuthongo
(018) 299 4445

Besoek ons webblad vir verdere inligting:

Die Eenheid vir Kwalifikasie- en Akademiese Program-beplanning

Me Sharon Paulse
Direkteur: K&APB Eenheid
(018) 299 2618

Sharon.Paulse@nwu.ac.za

Persoonlike Assistent
Me Jacobie Fourie
(018) 285 2667
Jacobie.Fourie@nwu.ac.za

Besoek ons webwerf vir meer inligting:
services.nwu.ac.za/af/qualification-and-academic-programme-planning

Akademiese Toelaes

Ms Edwina Fransman

Bestuurder van Akademiese Toelaes 
(018) 285 2334
Edwina.Fransman@nwu.ac.za

Persoonlike Assistent
Tebogo Kgaile
(018) 389 2490

 

Geslagsbewustheid en "LGBTIQ+"-aangeleenthede

Geslagsbewustheid is 'n kritieke komponent van die Diversiteitsfokus van die NWU. Daar is 'n aantal instansiewye projekte en inisiatiewe. Binne die AVK se Kantoor is 'n Reëlingskomitee vir Geslagsbewustheid. Dit bestaan uit studente LGBTIQ-leierskap sowel as verteenwoordigers van die fakulteite van die NWU. Hierdie komitee bestaan ​​uit vrywillige personeellede, om bewusmaking van geslag te bevorder en om, via die AVK se Kantoor, universiteitswye inisiatiewe soos die soos Die Reënboogkalender en die verskeie bewusmakingsweke te ondersteun. Daar is ook 'n netwerk van LGBTIQ-personeel en bondgenote binne en buite die Universiteit wat bekend staan as die Gender Benefit Network. Die GBN doen fondswerwing volgens die GBN-fondsreëls om studente en personeel se inisiatiewe te ondersteun om bewustheid te skep vir kwessies wat "LGBTIQ+"-groepe raak.