Alumnitoekennings 2015

 

Die 2015 Alumnitoekennings het op 9 Oktober plaasgevind. Toekennings is in ses kategorieë gemaak, naamlik Kuns en Kultuur, Sakeleierskap, Gemeenskapsbetrokkenheid, Opvoeding, Navorsing en Sport. ’n Jong Alumnus-toekenning is ook gemaak ter erkenning van professionele uitnemendheid wat deur ’n alumnus van 35 jaar oud of jonger getoon is.

Hierdie jaar se ontvangers sluit in ’n topverkoper-skrywer, mnr Deon Meyer, ’n leier op die gebied van gerustellingsdienste, mnr Pule Mothibe, ’n bestuurder in gemeenskapsopheffing, prof Elain Vlok, ’n internasionale navorseren akademikus, prof Anis Karodia, ’n professor in Plantkunde, prof Braam van Wyk, ’n statebondsmedaljewenner, me Sunette Viljoen, en ’n bekende sanger en televisie-aanbieder, mnr Katlego Maboe.

Die 2015-ontvangers volg in die roemryke voetspore van groot alumni soos wyle prof TT Cloete, mnr FW de Klerk, regter Yvonne Mokgoroe, dr Bismark Tyobeka, wyle adv Jan Henning, prof Pieter Stoker en mnr Alec Moemi.