Tweejaarlikse Alumni Uitnemendheidstoekennings Benoemingsvorm
Sperdatum 8 Augustus 2025
Benoem uitstaande alumni
As u alumni ken wat uitsonderlike prestasies behaal het of navolgenswaardige bydraes gemaak het tot die samelewing, is dit nou u kans om hulle te benoem vir die NWU se 2025 Alumnitoekennings van Uitnemendheid.
Rules for Awarding NWU Biennial Alumni Excellence Awards
Drie tipes toekennings sal gemaak word:
1. NWU Leeftydprestasietoekenning
Hierdie toekenning vereis nie benoemings nie. Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie maak die toekenning aan ʼn persoon of persone wat geag word die toekenning te verdien.
Hierdie toekenning word gemaak om kandidate/persone te vereer wat uitsonderlike en verdienstelike diens aan die samelewing gelewer het en wie se buitengewone prestasies, persoonlik sowel as professioneel, hulle inspirerende rolmodelle vir die toekoms maak.
2. NWU Alumnitoekennings van Uitnemendheid
Benoemings kan in EEN van die volgende sewe kategorieë gemaak word:
a) Kuns en Kultuur
b) Sakeleierskap
c) Gemeenskapsbetrokkenheid
d) Onderwys
e) Navorsing
f) Sport
g) Openbare Dienslewering
Om vir hierdie toekenning te kwalifiseer, moes alumni:
- ʼn graad of diploma aan die NWU verwerf het
- uitsonderlike persoonlike en loopbaanprestasies behaal het
- navolgenswaardige bydraes tot die samelewing of die gemeenskap gemaak het
- beduidende leierskap in een van bogenoemde areas getoon het; en
- verbondenheid en ondersteuning aan die NWU gedemonstreer het.
3. Jong NWU-alumnus-toekenning
Die kriteria vir hierdie toekenning sluit die volgende in:
- Alumni moes ʼn graad of diploma aan die NWU verwerf het
- Moes vroeg in hul loopbaan uitgeblink het en potensiaal getoon het vir voortgesette sukses
- Moes erkenning ontvang het as ʼn ontluikende leier deur professionele en/of gemeenskapsprestasies
- Moes leierskap en verantwoordelikheid gedemonstreer het binne hul organisasie(s), besigheid/besighede, of werkgebied
- Moes al erkenning ontvang het vir hul professionele bydrae(s)
- Moet ʼn uitstaande jong rolmodel wees vir huidige en toekomstige NWU-studente; en
- Benoemdes moet 35 jaar oud of jonger wees
Huidige lede van die NWU se Raad, die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, of die Universiteit Bestuurskomitee mag nie vir enige van die toekennings benoem word nie.
Doen dit so:
- Ampsdraers van die NWU, alumni, permanente personeellede, lede van die Raad en die Raad van Donateurs mag benoemings vir ʼn Alumnitoekenning indien.
- U moet die onderstaande benoemingsvorm gebruik om die benoeming elektronies in te dien om ons voor of op 8 Augustus 2025 te bereik. Die benoemingsvorm kan nie gestoor word om later verder ingevul te word nie.
- Die benoemings sal dan geëvalueer word en die ontvangers sal aangekondig word tydens ʼn gala-alumnigeleentheid in Oktober 2025.
Navrae oor die benoemingsproses kan gerig word aan me Nicolize van der Walt by tel 018 285 2594 of Nicolize.VanDerWalt@nwu.ac.za