Anis Mahomed Karodia | Alumni

Prof Anis Mahomed Karodia – SA se onbesonge held

 

Prof Anis Mahomed Karodia se bydrae tot die Suid-Afrikaanse politiek, maatskaplike kwessies, onderwys, landbou, veeartsenydienste en navorsing was ’n verstommende reis ten spyte van struikelblokke.

Hy is in Februarie 2006 met kanker gediagnoseer en terwyl hy chemoterapie ondergaan het, het hy vir ’n PhD by die NWU geregistreer en die graad binne twee jaar voltooi – ’n bewys van sy aanpasbaarheid en passie vir die lewe.

Prof Karodia was 33 jaar lank ’n staatsamptenaar wat in die landbou- en onderwysdepartement van die provinsiale regerings van Noordwes en Limpopo gewerk het.

Tydens sy tyd in die onderwysdepartement van Noordwes het hy ’n sleutelrol gespeel in die transformasie van die NWU deur die samesmelting van onderwyseropleidingsinstellings by die Universiteit.

Hy gee lesings in Gesondheidsorgbestuur in Durban op MBA-vlak en is ’n voltydse navorser by die Regent-besigheidskool. Prof Karodia is in KwaZulu-Natal betrokke by verskeie uitreikprogramme wat gevangenes oplei.

Prof Karodia se prestasies is te veel om op te noem. Hy is ’n filantroop wat vir die gemeenskap omgee en wat sedert sy dae as studente-aktivis in die struggle die mense van Suid-Afrika met passie en toewyding dien.