Katlego Maboe | Alumni

Katlego Maboe – sukses bring roem

 

Katlego Maboe is vinnig besig om ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika te word. Hy is die aanbieder van SABC3 se oggendprogram Expresso en ’n gesogte TV-aanbieder, sanger, agtergrondstemkunstenaar (voice-over artist), seremoniemeester, model en akteur.

Hy is in Potchefstroom gebore en getoë en het ver gekom sedert hy sy BCom-graad in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap in 2007 aan die NWU verwerf het.

Hy praat Afrikaans, Engels en Tswana vlot en hanteer enige situasie met gemak, en het geen probleem om met mense uit alle vlakke van die samelewing te kommunikeer nie. Onder sy talle toekennings is Katlego by die 2014 YOU Spectacular Awards as die stylvolste manlike glanspersoonlikheid in Suid-Afrika bekroon, en hy het in die 2015 Suid-Afrikaanse mansdragweek as model vir Presidential Shirts opgetree.

Sy grootste passie was nog altyd musiek, ’n brandende passie wat hy gekoester het sedert hy in 1998 ’n lid van die Noordwes-kinderkoor geword het. Sy liefde vir sang het uitgeloop op sy betrokkenheid by die welbekende Suid-Afrikaanse a capella boyband, Flip a Coin, as een van die groep se voorsangers en beatboxers.

Hy is in 2014 as HOPE Kaapstad se Goodwill-ambassadeur aangewys en is gereeld betrokke by filantropiese projekte wat op opvoeding en gesondheid fokus.