Elain Vlok | Alumni

Prof Elain Vlok – dankie Mama Afrika

 

Dink Mama Afrika en jy dink aan prof Elain Vlok – ’n vrou sonder weerga, wat beskryf word as een van Suid-Afrika se groot suksesverhale wanneer dit kom by die bemagtiging van vroue en die opheffing van gemeenskappe.

Prof Vlok is in Potchefstroom gebore en getoë. Sy is die bestuurder van korporatiewe dienste by Clover, waar sy vir die afgelope 24 jaar reeds werk en aan die hoof van die suksesvolle Clover Mama Afrika-projek staan. Hierdie nasionale maatskaplike opheffingsprojek staan minderbevoorregte gemeenskappe by deur vroue – genaamd “mamas” – deur vaardigheidsopleiding in staat te stel en te bemagtig om hulleself en diegene om hulle te help.

As deel van die program moet die mama ’n gerespekteerde persoon in die gemeenskap wees. Clover help hierdie vroue en leer aan hulle vaardighede soos naaldwerk, bakwerk, die kweek van groente, blommerangskikking, ens. Hulle dra dan die vaardighede aan ander vroue oor om hulle te help om selfonderhoudend te word.

Prof Vlok is tans besig met die skryf aan ‘n boek oor haar sosiale verantwoordelikheidsprojek Clover Mama Afrika, die CSI-projek wat met die meeste toekennings nog kan spog.  Sy het verskeie grade onder andere ‘n doktorsgraad in Kommunikasie, wat sy aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys behaal het.

Sy is ’n begaafde motiveringspreker en geniet dit om mense op te lei en te motiveer.