NWU Alumni FAQ

V: Hoe word ek ’n alumnus van die NWU?

A: Toemaar, geen papierwerk nie. Wanneer jy ’n graad by die NWU ontvang, sal jy outomaties as alumnus in ons databasis wees.

V: Wat kos dit om ’n alumnus te wees?

A: Dit is gratis.

V: Ek het getrek, of my persoonlike besonderhede het verander

A: Geen probleem nie, jy kan ons kontak om jou besonderhede aan te pas, of dit aanlyn doen hier

V: Is dit verpligtend om ’n alumnus te wees?

A: Nee, maar ons wil regtig hê dat jy ’n band met jou alma mater moet hê, geleenthede met jou deel, en jou help om in jou loopbaan te groei.

V: Wat kry ek daaruit?

A: Geleenthede om met jou alma mater in kontak te bly, die bande te versterk wat jy hier as student opgebou het, op hoogte te bly met die beste navorsingsnuus op jou gebied, die geleentheid het om ’n mentor te word, en om jou loopbaan te laat groei.

V: Ek moet ’n afskrif van my kwalifikasie of my graad gewaardeer/bevestig kry

A: Jy kan ’n afskrif kry by Akademiese Rekords

V: Ons wil ’n reünie hou

A: Wonderlike nuus, kontak ons om julle te help en hulp te verleen met die geleentheid.

 

Volg ons en word deel: