Alumni Awards 2017

Die NWU is trots op sy alumni en het weer besluit om aan hulle erkenning te gee vir hul persoonlike en loopbaanprestasies en vir hul navolgenswaardige bydraes tot die samelewing.

2017 is die vyfde jaar wat NWU-alumni wat hul merk gemaak het – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal – die gesogte NWU-Alumnitoekennings ontvang het.

In 2017 is die NWU Alumnitoekennings in die volgende 8 kategorieë gemaak: kuns en kultuur, gemeenskapsbetrokkenheid (twee ontvangers), onderwys, openbare dienslewering, navorsing, sport en die Jong Alumnustoekenning. Dit was die tweede jaar wat die Ambassadeurstoekenning, wat erkenning verleen aan bydraes in die internasionale arena, aan ʼn verdienstelike alumna gemaak is.

Vir die derde keer sedert die bekendstelling van hierdie toekennings het ʼn uitsonderlike alumnus die NWU Leeftydprestasietoekenning ontvang.

Die prestasies van ons alumni is net één van die maniere waarop ons die uitnemendheid van die NWU ten toon stel. Die NWU is bevoorreg om so ʼn uitsonderlike belangegroep te kan hê. Ons soek voortdurend na nuwe maniere om die toekoms te definieer, want ons wil hê dat u net so trots moet wees om deel te wees van die NWU as wat ons is om u as een van ons belanghebbers te hê.

Ontvangers van NWU-Alumnitoekennings 2017: