NWU vereer uitnemendheid

Tweejaarlikse Alumni Uitnemendheidstoekennings Benoemingsvorm - 2021

Benoem uitstaande alumni

As u alumni ken wat uitsonderlike prestasies behaal het of navolgenswaardige bydraes gemaak het tot die samelewing, is dit nou u kans om hulle te benoem vir die NWU se 2021 Alumnitoekennings van Uitnemendheid.

Die sperdatum vir inhandiging is 10 Junie 2021. Klik hier vir die tweejaarlikse Alumni Uitnemendheidstoekennings Benoemingsvorm - 2021

Drie tipes toekennings sal gemaak word:

1. NWU Leeftydprestasietoekenning

Benoemings word nie aangevra vir die Leeftydprestasietoekenning nie aangesien die lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie self sal besluit of hulle hierdie toekenning aan een of meer persone wil maak wat vir ʼn Alumnitoekenning benoem is.

Hierdie toekenning word net in hoogs uitsonderlike gevalle gemaak, om kandidate te vereer wat uitsonderlike en verdienstelike diens aan die samelewing gelewer het en wie se buitengewone leeftydprestasies, persoonlik sowel as professioneel, hulle inspirerende rolmodelle vir die toekoms maak.

2. NWU Alumnitoekennings van Uitnemendheid

Benoemings kan in EEN van die volgende 7 kategorieë gemaak word:

Kuns & Kultuur; Sakeleierskap; Gemeenskapsbetrokkenheid; Onderwys; Navorsing; Sport; Openbare Diens

Om vir hierdie toekenning te kwalifiseer, moes alumni:

  • ʼn graad of diploma aan die NWU verwerf het;
  • uitsonderlike persoonlike en loopbaanprestasies behaal het;
  • navolgenswaardige bydraes tot die samelewing gemaak het;
  • al beduidende leierskap in een van bogenoemde areas getoon het; en
  • hul verbintenis aan die NWU gedemonstreer het.

3. Jong NWU-alumnus-toekenning

Benoemings vir hierdie toekenning word aan die hand van die volgende kriteria oorweeg:

  • Hulle moes ʼn graad of diploma aan die NWU verwerf het;
  • Moes vroeg in hul professionele loopbaan uitgeblink het en potensiaal getoon het vir voortgesette sukses;
  • Moes erkenning ontvang het as ʼn opkomende leier deur professionele en/of gemeenskapsprestasies;
  • Moes toenemend verantwoordelike en/of senior posisies in hul organisasies, besigheid of werkgebied beklee het;
  • Moes erkenning ontvang het vir beduidende professionele bydraes, ontdekkings of kreatiewe werk deur vererings, toekennings en/of media-aandag;
  • Moet ʼn uitstaande jong rolmodel wees vir huidige en toekomstige NWU-studente;
  • Benoemdes moet 35 jaar of jonger wees.


Huidige lede van die NWU se Raad, die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, of die Universiteit Bestuurskomitee mag nie vir enige van die toekennings benoem word nie.


Doen dit so:

  • Ampsdraers van die NWU, alumni, permanente personeellede, lede van die Raad en die Raad van Donateurs mag benoemings vir ʼn Alumnitoekenning indien.
  • U moet die onderstaande benoemingsvorm gebruik om die benoeming elektronies in te dien om ons voor of op 10 Junie 2021 te bereik. Die benoemingsvorm kan nie gestoor word om later verder ingevul te word nie.
  • Die benoemings sal dan geëvalueer word en die ontvangers sal aangekondig word tydens ʼn gala-alumnigeleentheid op Oktober 2021.
  • Navrae oor die benoemingsproses kan gerig word aan me Nicolize van der Walt by tel 018 285 2594.