Printer-friendly version
Druk
Share this
 

KONVOKASIE

Lidmaatskap en Aansoekvorms

Elke gegradueerde van die NWU of sy voorgangers het die reg om tot die Konvokasie te behoort. Dit geskied egter slegs deur middel van ‘n aansoek en is NIE ‘n outomatiese aksie nie.  Lidmaatskap van die Konvokasie is ook oop vir huidige permanente personeellede van die Universiteit maar indien die lid die universiteit verlaat en nie ook ‘n alumni van die universiteit is nie – verval sodanige lidmaatskap.

Om ’n  lid van die Konvokasie te word, doen u aansoek deur  ’n “aansoek om lidmaatskapvorm” te voltooi en die eenmalige minimale bedrag van R50 te betaal, soos uiteengesit op die instruksies van die aansoekvorm. 

Aansoekvorm

Wanneer u die lidmaatskapaansoekvorm voltooi, let asseblief op die volgende belangrike punte:

•   

Ingevolge die Statuut van die NWU is die bedrag van R50 betaalbaar om ’n lid van die NWU se Konvokasie te word. Dit is vir lewenslange lidmaatskap indien u alumni is.

•   

Die bankbesonderhede van die NWU Konvokasie is die volgende:
Rekeningnaam: PUK No. 2; Nommer: 670640086; Bank: ABSA Noordbrug; Takkode: 335-138.  Gebruik asseblief die volgende as verwysing op u betaling: KON voorletters en van (byvoorbeeld KON R Nel).

•   

Faks asseblief die depositostrokie/bewys van betaling en hierdie aansoekvorm aan (018) 299-4910; vir aandag: Izette. U kan ook hierdie aansoek pos na Kantoor van die Konvokasie – NWU Institusionele Kantoor  Privaatsak X1290 Potchefstroom 2520

•   

U aansoek kan nie sonder hierdie volledige dokumentasie  en bewys van betaling verwerk word nie.

Klik hier om die Aansoekvorm af te laai.