Werkgewer van Keuse-groep

Elke jaar kies die NWU tot 20 werkgewers om aan die Universiteit se Werkgewer van Keuse-program deel te neem. Hierdie werkgewers ontvang voorkeurbehandeling vir hulle werwingsaktiwiteite onder gegradueerdes aan die NWU. Dit sluit in om eerste genooi te word om werwingsgeleenthede onder gegradueerdes op al drie NWU-kampusse by te woon en om die geleentheid te hê om die werkgewer se handelsmerk onder alle NWU-studente te bevorder.

Klik asseblief hier vir volledige besonderhede oor die Werkgewer van Keuse-program.