Elsje Jordaan

Afrigtingskundige 

Dr Elsje Jordaan is ’n baie bekende sportafrigtingspesialis en pionier in die gebruik van digitale platforms om wedstrydtendense te ontleed.

Sy is ’n markleier in die sportbedryf en geniet groot respek, nie net vir haar akademiese prestasies en kundigheid nie, maar ook vir haar karakter en vasberadenheid om die wetenskaplike waarheid te ontdek.

Elsje het deur haar maatskappy, SPORTISIMO, meer as 15 000 netbalspelers en 2 000 afrigters, insluitende talle van openbare hoër- en laerskole, na sportuitnemendheid gevoer.

Elsje is ’n spesialis in die ontwikkeling en gebruik van digitale platforms vir die opneem van wedstrydpatrone en die verwerking van en verslagdoening oor wedstrydstatistiek en -tendense.

Haar kliënte domineer gereeld die plaaslike Super 12-kompetisie vir laerskole. Hulle het hierdie jaar weer so gemaak deur 80% van die medaljes by die kompetisie te wen.

Haar unieke program, Netball Analytics, wat sy in samewerking met die sportspesialis Kevin Bouwer geskep het, is in groot aanvraag in Australië en Nieu-Seeland.

Sy het in 1998 ’n BA-graad in Sportwetenskap en in 1999 ’n BHons-graad in dieselfde dissipline voltooi.

Elsje het in 2007 ’n PhD in Menslike Bewegingskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Benewens dat sy ’n suksesvolle sakevrou en afrigter is, het sy ’n suksesvolle loopbaan as netbalspeler gehad.

Apart from being a successful businesswoman and coach, she has had a successful career as a netball player.