Ouers, NWU

’n Nuwe manier van leer

Wanneer dit by studente se slaagsyfers kom, het die NWU ’n sterk prestasierekord. ’n Paar van die redes vir hierdie goeie prestasie is die hoë gehalte van onderrig-leer, ons goed gekwalifiseerde akademiese personeel en die akademiese steun wat tot ons studente se beskikking is, byvoorbeeld deur Aanvullingsonderrig.

Aanvullingsonderrig is ’n akademiese steunstelsel vir studente wat by universiteite regoor die wêreld gebruik word. Dit behels dat studente wat in sekere dissiplines goed presteer, opgelei word as fasiliteerders wat klein groepies ander studente help om hierdie dissiplines te bemeester. Aanvullingsonderrig word met sukses op al drie ons kampusse gebruik en het sedert 2004 beduidend tot die bestendige verbetering van voorgraadse slaagsyfers bygedra.

’n Ander fokuspunt van akademiese steun is om nuwe studente te help om die oorgang van die skool na die universiteit te maak.