Verstaan die Universiteit

Die NWU moedig studente se ouers aan om aktief by hulle kinders se universiteitsloopbaan betrokke te wees en met die werking en prosesse van die NWU vertroud te raak. ’n Nuttige instrument om die Universiteit te verstaan, is die NWU se Korporatiewe Profiel, wat ’n oorsig bied van die Universiteit se geskiedenis, bestuurstrukture, bestuurspan, kampusmodel, akademiese en navorsingsprestasierekord en vennootskap met die sakewêreld, regering en gemeenskappe.

Klik om die Korporatiewe Profiel te lees.