Lidmaatskap en Aansoekvorms

Elke gegradueerde en gediplomeerde van die NWU of sy voorgangers het die reg om aan die Konvokasie te behoort. Dit geskied egter slegs deur middel van ʼn aansoek en is NIE ʼn outomatiese aksie nie. Lidmaatskap van die Konvokasie is ook oop vir huidige permanente personeellede van die Universiteit.

Om ʼn lid van die Konvokasie te word, moet u ʼn lidmaatskapaansoekvorm voltooi en die eenmalige nominale bedrag van R50 betaal, soos uiteengesit op die aansoekvorm.

 

Aansoekvorm

Wanneer u die lidmaatskapaansoekvorm voltooi, let asseblief op die volgende belangrike punte:

  • Ingevolge die Statuut van die NWU is die bedrag van R50 betaalbaar om ʼn lid van die NWU se Konvokasie te word. Dit is vir lewenslange lidmaatskap indien u ʼn alumnus is.
  • Die bankbesonderhede van die NWU Konvokasie is die volgende:

Rekeningnaam: North-West University;
Nommer: 670640086;
Bank: ABSA Noordbrug;
Takkode: 335-138.
Gebruik asseblief die volgende as verwysing op u betaling: KON + voorletters + van (byvoorbeeld KON R Nel).

  • E-pos asseblief die depositostrokie/betalingsbewys en hierdie aansoekvorm na Nicolize.VanDerWalt@nwu.ac.za of pos dit na: Kantoor van die Konvokasie, NWU Institusionele Kantoor, Privaatsak X1290, Potchefstroom, 2520.
  • U aansoek kan nie sonder hierdie volledige dokumentasie en bewys van betaling verwerk word nie.

 

Aanlyn Aansoekvorm

Klik hier om aanlyn aansoek te doen.

Enige navrae kan gerig word aan Nicolize van der Walt by die Konvokasiekantoor: 018 2852594, of per e-pos: Nicolize.VanDerWalt@nwu.ac.za