Grondwet

As ʼn formele struktuur van die NWU word die Konvokasie gereguleer deur duidelik gedefinieerde reëls en prosedures wat in die NWU se Statuut uiteengesit word.

Ingevolge die Statuut bestaan die Konvokasie uit alle graduandi en diplomandi van die Universiteit of sy voorgangers, naamlik die Universiteit van Noordwes en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, wat in Januarie 2004 saamgesmelt het om die NWU te vorm.

Die Statuut verleen sekere regte en verantwoordelikhede aan lede van die Konvokasie. Elke lid het die reg om genomineer te word om die Konvokasie op die Universiteitsraad te verteenwoordig en om vir sy lede op die Raad te stem.

Lede stem ook vir die Konvokasievoorsitter en vir die Uitvoerende Komitee (UK). Die UK bestuur die proses om die Konvokasie se verteenwoordigers op die Raad te verkies, administreer die Konvokasie en werk nou saam met bestuur oor verskeie sake.

Hersiening van die grondwet van die NWU Konvokasie

 
Kennis word hiermee gegee van die hersiene grondwet van die NWU Konvokasie wat sal dien by die algemene drie-jaarlikse vergadering wat gehou sal word op 10 Maart 2018. 
 
 
2018.03.01