Jaarlikse nuusbriewe & kommunikasie

Die Konvokasie gebruik ʼn aantal kommunikasiekanale om in aanraking te bly met lede en om terugvoer oor Konvokasievergaderings en -aktiwiteite te verskaf. Dit sluit in die Alumnitydskrif, webwerf en persoonlike kommunikasie oor dringende universiteitsaangeleenthede.

NOMINASIE EN VERKIESING VAN TWEE RAADSLEDE UIT DIE GELEDERE VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE KONVOKASIE

Ooreenkomstig paragraaf 32(1) van die Statuut van die Noordwes-Universiteit (NWU) kwalifiseer elke gegradueerde van die Universiteit of sy voorgangers (dws die voormalige University of North West of die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) om genomineer te word om 'n lid van die NWU-Raad te word en in 'n verkiesing van sodanige Raadslede te stem, ooreenkomstig paragraaf 5.

Die eerste termyn van mnr Werner Human, wat voorheen in 2017 uit die geledere van die Konvokasie verkies is, het op 22 Junie 2020 verstryk. Die eerste termyn van Connie Mulder, wat voorheen in 2018 uit die geledere van die Konvokasie verkies is, het op 21 Junie 2021 verstryk.

Lede van die Noordwes-Universiteit se Konvokasie is genooi om twee kwalifiserende persone te nomineer ingevolge die Statuut, paragraaf 32(1) en die Reëls vir die nominasie, verkiesing, benoeming en aanstelling van Raadslede (Rules for the nomination, election, designation and appointment of Council members paragraaf 8).

Sewe nominasies is ontvang, en die volgende vier is as geldig geoudit:

Laufs, Dirk (ds)

Kruger, Marlize (adv)

Mongale, Selelo Nelson (mnr)

Mosenogi, Glen (mnr)

Die redes waarom die oorblywende drie nominasies nie geldig bevind is nie, was dat sommige nominasies ná die ooreengekome sluitingstyd vir nominasies gestuur is. In ander gevalle is die nominasies onderteken deur individue wat nie kwalifiseer om nominasies te doen nie, terwyl sommige nominasies nie die vereiste dokumente ingesluit het nie.

Die verkiesingsproses neem op Vrydag 16 Julie 2021 ʼn aanvang en sluit om 16:30 op 16 Augustus 2021. Lede van die Konvokasie sal per e-pos en SMS 'n skakel na die stemplatform, 'n gebruikersnaam en ʼn PIN ontvang.

Opvolgnavrae oor enige aangeleenthede rakende die verkiesingsproses kan aan die Kantoor van die Registrateur gerig word (marlene.verhoef@nwu.ac.za of 018 299 2612).

 

Groete

 

Prof Marlene Verhoef

REGISTRATEUR

 

2021.07.14