Thamsanqa Manzi

Suksesvolle entrepreneur

Thamsanqa (Thami) Manzi is ’n suksesvolle entrepreneur wat weet hoe om terug te ploeg, en wie se florerende ondernemings werksgeleenthede vir mense in sy gemeenskap skep.

Sy harde werk en deursettingsvermoë het sy kleinhandelonderneming, Ola Superstores, laat uitbrei na drie afsetpunte met ’n jaarlikse omset van meer as R10 miljoen en 26 permanente werknemers.

Voordat hy op sy eie begin werk het, was Thami die uitvoerende bestuurder verantwoordelik vir ondernemingsontwikkeling by die African Dream Trust, en daarmee saam die Mpumelelo Business Centre.

Hy dien op die direksie van die Bophelong Tutorial Programme (BTP), ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat gehalte-onderwys aanmoedig deur as ’n intervensie-eenheid en ondersteuningstruktuur vir skole in die Bophelong-gemeenskap te dien.

Thami het in 2013 die Global Business Roundtable se Global Chairperson of the Year-toekenning vir leierskapsuitnemendheid ontvang. Hy het talle ander toekennings ontvang, insluitende die Township Entrepreneurstoekenning van die Gautengse Departement van Arbeid en Khanyisa-toekennings vir diensuitnemendheid van die Gautengse Departement van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling.

Hy het in 1999 ’n BCom-graad in Ondernemingsbestuur aan die NWU se kampus in Vanderbijlpark behaal, en is tans by die Gordon Institute of Business Science ingeskryf.

Thami se passie om ’n verskil in gemeenskappe te maak, het hom geïnspireer om meer as 50 plaaslike ondernemings en nog talle meer skoolkinders en werksoekers te help.