Beheer, NWU

Beheer

Suid-Afrika se universiteit wat die beste bestuur word

Die NWU is nou vir vyf jaar agtereenvolgens aangewys as die universiteit in Suid-Afrika wat die beste bestuur word. Die Universiteit was in 2007 die medewenner van die PriceWaterhouseCoopers Hoëronderwys-uitnemendheidstoekenning vir Korporatiewe Bestuur. Daardie rekord is verbeter en die NWU is in 2008, 2009, 2010 en 2011 as die algehele wenner aangewys. Hierdie erkenning bevestig die doeltreffendheid van die NWU se benadering tot beheer en leierskap, wat gegrond is op die goeie werksverhouding tussen die NWU-raad as die beherende liggaam en die bestuur as uitvoerende arm.

Die NWU-raad – beheer in die beste belang van die NWU-gemeenskap

Die NWU-raad stel die strategiese visie, koers en beheermaatreëls op en keur alle strategiese planne, begrotings, beleide, en reëls goed.