Wapad: Oor ons

 

 

Die lang pad wat Wapad al gestap het, het nie oor die Drakensberge gekom nie, maar afgeskop op 12 April 1946, toe die eerste uitgawe onder leiding van die eerste redakteur, C (Chris) Hattingh uitgegee is.
Wapad het in die begin 'n baie ernstige aanslag gehad en het deur die jare getransformeer soos wat dit onder die hande van die verskillende redaksies deurbeweeg het. Tans fokus Wapad op aktuele studente-nuus en dek dan ook gebeure wat studente op persoonlike-, akademiese- en sosiale-gebiede raak. Die koerant verskyn elke tweede Donderdag en het tans 'n oplaag van 5000.


Daar kan met sekerheid ges word dat Wapad een van die voorstaande studentekoerante in die land is en daar is onlangs begin met 'n veldtog waar Wapad skakel met koerante van ander kampusse, sodat ons deurentyd op ons tone gehou kan word en streef daarna om die beste publikasie moontlik te lewer.
Wapad is tans besig met jaargang 67 en word steeds vir studente deur studente bedryf en dit is juis daarom dat dit soveel aanklank by sy mark het. Deur die jare het Wapad al verskeie groot name in die joernalistiekbedryf opgelewer en dien dus ook as 'n leerskool vir jong, opkomende joernaliste. Wapad is vir die meeste van die redaksielede meer as 'n buitemuurs-aktiwiteit en so word elkeen van hulle op hul eie unieke manier deel van die Wapad-familie. Ten spyte van die ontstaan van ander kompetisie op kampus 'n wyle terug, is Wapad steeds die PUK-kampus se gunsteling.


Daar het in die Wapad-hirargie 'n verandering plaasgevind die jaar, deurdat daar 'n vierde dagbestuur-posisie bygevoeg is, nl. Skakeling en Administratiewe Bestuurder. Hierdie is nog 'n poging wat Wapad aanwend om te sorg dat sy inhoud nuuswaardig, relevant en akkuraat is.
Wapad beloof om in hierdie termyn nog groter hoogtes te bereik deur om onbekende terreine te betree en om so dan ten einde laaste by te dra tot die vooruitgang van die koerant op sig self.

facebook%20icon Twitterpt Youtubept