ES- Elektroniese Dienste - Dienste

Elektriese en Elektroniese Dienste

Primêre dienste

Ten opsigte van elektriese en elektroniese geriewe verskaf ons:
 

CCTV

ALARMSTELSELS

TOEGANGSBEHEER

 

KLANK

ELEKTRIES

 

 

 

BRANDALARMS      

 

 

 

Aansoeke om nuwe geriewe

  • Aansoeke om nuwe elektroniese stelsels word deur EED oorweeg en geïmplementeer.
  • Aansoeke om nuwe elektriese geriewe word hoofsaaklik aan FIB aangestuur wanneer infrastruktuurveranderinge/opgraderings nodig is. EED hanteer slegs klein elektriese installasies.
  •  Alle versoeke is, in die beste belang van die NWU, aan goedkeuring onderhewig.
  •  Alle koste wat met die uitvoering van goedgekeurde projekte verband hou, moet ten volle deur die aansoeker betaal word.
     

Beplande opgradering van bestaande geriewe
EED aanvaar volle verantwoordelikheid vir die beplanning van en begroting vir

• akademiese klankstelsels en
• kleiner elektriese opknappings in kampusgeboue en terreinbeligting

 

Beplande instandhouding

EED voer beplande instandhouding van talle stelsels volgens ooreengekome skedules uit.     

            

 

Daaglikse instandhouding
  

EED aanvaar verantwoordelikheid vir die instandhouding van noodsaaklike vaste elektriese en elektroniese stelsels, en daar word jaarliks daarvoor begroot.

 

Sekondêre dienste
Verskaffing van elektroniese komponente

EED hou ’n stoorgerief vir ons eie gebruik in stand en deel dit graag met belangstellende derde partye. Ons verskaf ’n kontantverkoopdiens by ons stoortoonbank.

 

Vervaardiging van etskringborde (EKB’s)

EED gebruik die jongste CAM-geriewe om EKB’s volgens ons eie Gerber-ontwerpe te vervaardig. Ons kan tweesydige deurgeplateerde borde sonder ’n soldeermasker vervaardig. Dit is hoofsaaklik op prototipes gemik.

 

Verskaffing van noodsaaklike dienste by amptelike geleenthede

 

 

EED verskaf
• Bystandsdienste vir amptelike geleenthede op ’n kosteverhalingsbasis
• Seinverspreiding van oudio en video binne ons vermoëns
• Sekere toerusting te huur soos ons periodiek tot ons beskikking het


     Kontak mnr Tinus Steenkamp (018 299 4113, tinus.steenkamp@nwu.ac.za) of

     Mnr Ivan Taylor (018 299 4127, ivan.taylor@nwu.ac.za) lank vooraf.