Ontdek vreesloos!

Ontdek vreesloos

Wat as elke “hoekom” – elke vonk van verwondering, elke laatnag-idee,
elke stille trek na iets méér – nie ’n afleiding was nie… maar jou kompas?
Nie ’n ompad nie, maar die begin van iets buitengewoon.

 

 

By die Noordwes-Universiteit (NWU) glo ons dat nuuskierigheid nie iets is wat jy ontgroei nie.
Dit is iets waarin jy groei.
Hier lei ons jou nie op om in rolle of etikette in te pas nie.
Ons rus jou toe om die toekoms te vorm.
Die leerder wat vra hoekom water verdwyn, kan die wetenskaplike word wat klimaatsverandering aanpak.
Die student wat wonder hoe mense gesond word, kan die verpleegster, die sielkundige word
– die stem wat ander mense ráákgesien laat voel.
Die jongmens wat bevraagteken wat regverdig is, kan die regskenner word wat geregtigheid met empatie beskerm.

 

Nuutste stories

 

 

 

Gaan op ʼn musiekreis saam met ons

Verken met die NWU Blog Waarheen kan die NWU jou neem?