Befondsingsbehoeftes
Openbare instellings soos universiteite ondervind altyd befondsingsdruk, en Noordwes-Universiteit is geen uitsondering nie.
Vanweë die veranderende internasionale politieke omgewing, is tradisionele bronne van inkomste, soos staatsubsidies en klasgelde, nie meer genoeg om hoëronderwysinstellings in stand te hou nie. Instellings wêreldwyd, ook Noordwes-Universiteit, moet nou ander befondsingsbronne verken. Een so ’n bron is weldoenervennootskappe, in die vorm van beplande skenkings. Hierdie skenkings dra by tot die volhoubaarheid en ontwikkeling van die Universiteit en sluit onder andere in:
• testamente en bemakings (geldelike, oorblywende of voorwaardelike bemakings),
• skenkings,
• effekte,
• effektetrusts, en
• versekeringspolisse.
Elk van die Universiteit se skole/fakulteite gebruik die gekombineerde inkomste uit beleggings, skenkings, fondsinsamelingspogings en onderrig om die onderrigkoste van studente te dek.
Die meeste alumni en vriende van die NWU dra deur middel van gereelde debietorders tot die Universiteit se skenkingsfonds by. Kontak die betrokke persoon soos aangedui in die kontakbesonderhede-afdeling op hierdie werf of besoek die Institusionele Bevorderingskantoor om hulle voorbeeld te volg.
Die manier waarop u aan die NWU gee, kan net so uniek soos u wees!
Hetsy u die Jaarlikse Fonds lojaal met ’n gereelde maandelikse debietorderbetaling van so min as R50 ondersteun, ’n gereelde bydrae tot Klub R500/R1000 vir die Skenkingsfonds, of ’n groot skenking met benoemingsregte maak, of ’n geldelike of skenking in natura vir ’n spesifieke fakulteit/skool in u testament nalaat.
’n Skenking kan vir ’n spesifieke gebruik aangewys word en dit sluit die volgende opsies in:
• Beurse en toegangsfondse vir benadeelde studente
Investering in studente-onderrig is soos boomsade wat in die toekoms skaduwee vir baie mense sal gee. Hulp aan talentvolle maar finansieel minderbevoorregte studente om vir aanvanklike registrasie aan die Universiteit te betaal, kan die lewenspad vir toekomstige geslagte verander.
• Navorsingsuitnemendheid
Investering in die NWU as een van die toonaangewende navorsingsuniversiteite in Suid-Afrika, dra by tot oplossings vir die meeste kritieke probleme wat ons land en die Afrika-kontinent in die gesig staar. U skenking kan navorsing in die algemeen bevorder, of ’n bepaalde belangstellingsveld ondersteun.
• Kapitaalprojekte
Ten einde ’n omgewing te skep wat bevorderlik is vir onderrig-leer en navorsing op die hoogste vlak, moet ons fisiese hulpbronne deurlopend opgradeer en hernu word. Die Universiteit fokus tans op ’n groot aantal ontwikkelingsprojekte.
• Akademiese programme
Investering in die handhawing en verhoging van standaarde en kurrikulums binne die Universiteit in sy geheel of in spesifieke fakulteite help om studente te lewer wat die vaardighede het om die uitdagings van die toekoms die hoof te bied. U skenking kan ook help om ’n benoemde stoel (professoraat) in ’n aangewese fakulteit in te stel en in stand te hou.
• Maatskaplike responsiwiteit
Investering in die NWU se gemeenskapsuitreikprogramme help ons om by verskeie gemeenskappe oral in Suid-Afrika betrokke te bly.