Inisiatiewe wat jy kan ondersteun

We care bursary fund

Ons Gee Om Beursfonds

Die getal akademies-verdienstelike maar finansieel-behoeftige studente het beduidend toegeneem as gevolg van die huidige ekonomiese uitdagings wat die land ervaar. Van hierdie studente word deur die NSFAS-skema gehelp. Ongeveer 34% van ons studente betaal kontant, terwyl ander uit die sogenaamde vermiste middelgroep kom. Laasgenoemde vind dit egter moeilik om hul studiegeld te dek. Verder is daar 'n uitgebreide behoefte aan befondsingsondersteuning aan studente wat vir nagraadse studies inskryf, aangesien die meeste beskikbare beurse op voorgraadse studie fokus.

 

Die NWU gee baie om vir sy studente en vra dus donasies van organisasies, alumni en vriende van die instelling om hierdie beursfonds na verdienstelike studente uit te brei. Hierdie beursfonds help om studiegeld, boeke, maaltye en verblyf te dek.

Final year student debt

Finale jaar en uitstaande skuld

Die hartseer werklikheid is dat sommige van ons senior studente nie hulle kwalifikasies kan ontvang nie omdat daar uitstaande gelde of historiese skuld is. Een van die redes hiervoor is dat ouers of voogde hulle werk verloor en die studente nie meer finansieel kan help nie. Julle donasies sal help om die studente se uitstaande skuld en die studiegeld van hulle finale jaar te dek om hulle in staat te stel om hulle drome na te jaag.

Sosio-ekonomiese-impakprojekte

In reaksie op uitdagings wat ons samelewing ervaar, het die NWU verskeie projekte geïnisieer om ons gemeenskappe te bemagtig. Julle bydrae tot een of meer van die volgende projekte sal waardeer word:

 

Ikateleng Programme

1. Ikateleng-program

Die program bied aanvullende onderrig vir graad 10-, graad 11- en graad 12-leerders in vier provinsies (Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap), en fokus op die volgende vakke: Engels, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Handel. Die doel is om leerders te help om ’n uitstekende slaagsyfer te behaal sodat hulle toegang kan kry tot universiteite en vir programme inskryf wat Wiskunde en Fisiese Wetenskappe vereis om die vaardigheidstekort wat ons land ervaar, te kan hanteer.

Om ’n donasie vir die projek te maak en vir meer inligting, kontak asseblief vir Celeste Rossouw.

Women in Engineering

2. Vroue in Ingenieurswese

Die doel van die Vroue in Ingenieurswese-program (WiE) is om die getal vroue-ingenieurs te verhoog wat in die bedryf in diens geneem kan word sodat geslagsgelykheid in die werkplek verkry kan word, en om vars perspektiewe te verskaf op die uitdagings wat in hierdie bedryf ervaar word. Die doelwitte van hierdie program is (a) om Suid-Afrikaanse hoërskoolmeisies te motiveer, hulle belangstelling te prikkel, en hulle toegang tot ingenieurswese en verwante studies te verhoog, en (b) om bestaande vroulike ingenieurstudente aan die NWU te ondersteun, aan te moedig en te inspireer om hulle studies suksesvol te voltooi en/of verder te studeer.

Ons werk daaraan om hierdie doelwitte in ’n aantal projekte te bereik:

  • Femmegineur: ’n unieke naweekkursus en blootstellingsgeleentheid wat die verskillende fasette van ingenieurswese as ’n geskikte loopbaan vir vroue bekendstel.
  • Modiragatsi: ’n innovasie- en probleemoplossingskompetisie wat op hoërskoolmeisies gemik is en hulle met waardevolle vaardighede toerus.

Om ’n donasie vir die projek te maak en vir meer inligting, kontak asseblief vir prof Leenta Grobler

Innovation initiatives

3. Innovasie-inisiatiewe

Fondse word deur die NWU se Departement van Tegnologie-oordrag en Innovasie-ondersteuning benut in projekte en newemaatskappye wat die Universiteit se patente en ander kommersiële kennis kommersialiseer. Kontak ons asseblief by innovation@nwu.ac.za indien u meer as R200 000 in ’n spesifieke projek wil belê of ’n donasie wil maak.

 

 

Masccom

4. Masccom

MASCCOM-opleidingsentrum is ʼn unieke opgraderingsentrum vir wiskunde en die wetenskappe. Die sentrum bied aan leerders ʼn tweede geleentheid om hul wiskunde en wetenskappe te verbeter en om daardie toegang in ʼn een jaar lange “repeat” KABV-gebaseerde program op te doen. Die sentrum is geleë in die Noordwesprovinsie in Mahikeng en word bedryf deur die Noordwes Departement van Basiese Onderwys in vennootskap met die Noordwes-Universiteit.

Vir verdere inligting, kontak prof Marco le Roux

Xcel Programme

5. Xcel-program

Die Xcel-program is ʼn oorbruggingsprogram met die oog op ingenieurswesestudies. Die program word gehuisves op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Die programme bestaan uit twee gedeeltes:

  • Wiskunde en Fisiese Wetenskappe (Basiese Onderwys)
  • Universiteitsvakke (Hoër Onderwys)
    • ALDE111 en ALDE121 (Akademiese Geletterdheidsontwikkeling)
    • RGO (Rekenaargesteunde Ontwerp) en Programmering

Vir verdere inligting, kontak me Eliza Hattingh