Llewellyn van Zyl | Alumni

 

Gerespekteerde navorser en bedryfsielkundige, prof Llewellyn van Zyl, het ’n passie vir aanlyn positiewe sielkundige intervensies. Hy is besig om bedryfsielkunde na die elektroniese omgewing te neem en dit as ’n toeganklike, kostedoeltreffende en effektiewe diens aan te bied.

Hy is op die kruin van sy loopbaan en werk as spesialis en konsultant, en dien tans as voorsitter van die Vereniging vir Bedryfs- en Organisasiesielkunde van Suid-Afrika.

Llewellyn het ’n PhD in bedryfsielkunde en ’n MCom-graad (cum laude) van die NWU se Vanderbijlparkkampus.

As akademiese presteerder het hy die toekenning vir die beste meestersgraadstudent in 2009 ontvang, en erekleure vir akademiese prestasie vir sy meesters- sowel as sy honneursgraad.

Hy is tans die mede besturende direkteur en hoofsielkundige vir Psychai Management Consulting, waar hy in die ontwikkeling en implementering van aanlyn e-strategieë vir die ontwikkeling van menslike potensiaal en e-intervensies spesialiseer.

As spesialis op die gebied het hy ’n passie vir aanlyn positiewe sielkundige intervensies met ’n klem op die ontwikkeling van mense se sterkpunte, afrigtingsielkunde (coaching psychology), gelukkigheid by die werk, en e-gesondheidsintervensies en sosiale media.

Llewellyn is ’n medeprofessor in bedryfs- en organisasiesielkunde op die Vanderbijlparkkampus.