Parkering by die Noordwes-Universiteit is gratis en toegewysde parkeerareas is beskikbaar vir die gebruik van studente en besoekers. Parkering is beskikbaar vir motors, motorfietse en fietse, en word duidelik so aangedui. Om die parkeerareas op elke kampus te kry, raadpleeg asseblief die kaarte van die Mahikeng-, Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus.
Let asseblief daarop dat die NWU studente wat in die kampuskoshuise woon, aanmoedig om nie hulle motors te gebruik wanneer hulle klas bywoon nie. Studente en besoekers word ook vriendelik gevra om nie die parkering te gebruik wat vir die NWU-personeel afgebaken is nie.
Wanneer u by die NWU parkeer of bestuur, onthou asseblief om:
- die spoedgrense en verkeerstekens te gehoorsaam;
- slegs in afgebakende gebiede te parkeer – nie in beperkte gebiede, dienspaaie, opritte, gebou-ingange en gebiede met gras nie; en
- die korrekte permit te vertoon, indien toepaslik.
Die Universiteit behou hom die reg voor om enigiemand wat hierdie riglyne verontagsaam, te beboet.
Wanneer u die Vanderbijlparkkampus besoek, onthou dat dit binne ’n geproklameerde wildreservaat is: ry stadig en beskerm ons wild.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.