Werk inligting by

Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013)

In eenvoudige terme is die doel van die Wet om te verseker dat alle Suid-Afrikaanse instellings hulleself op ’n verantwoordelike manier gedra wanneer hulle ’n ander entiteit se persoonlike inligting insamel, verwerk, stoor en deel deur die persone aanspreeklik te hou indien hulle jou persoonlike inligting op enige wyse misbruik of in gevaar stel.

Ons moet aanvaar dat ons nou in ’n inligtingseeu leef, en vooruitgang bring die verantwoordelikheid mee vir elke individu om hulle inligting op te pas en te beskerm. Om die individu se reg op privaatheid te beskerm en teen die misbruik van inligting te waak, het dit nodig geword om wetgewing vir die beskerming van data in te voer, en daarom is die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting uitgevaardig. Die NWU se doel is om te verseker dat alle prosesse en prosedures in plek is om persoonlike inligting op ’n doeltreffende korrekte manier te bestuur soos dit deur die Wet voorgeskryf word om goeie korporatiewe beheer te verseker.

Die onregmatige openbaarmaking van persoonlike inligting aan eksterne partye stel die NWU aan regsrisiko’s bloot en is ’n vlak B-oortreding van die dissiplinêre prosedure soos dit in die gedragshandleiding van die NWU vervat is (wat in ernstige gevalle tot ontslag kan lei). Die NWU beskou hierdie oortreding dus in ’n baie ernstige lig.

Die Wet kan egter nie die individu beskerm indien die individu nie sorg dra om hulleself te beskerm nie.

Ons wil graag met die alumni van die Universiteit in kontak bly.