NWU, Affiliasies

Fotim
HESA
ACU
RHO
HOKK
VAU
 

Fotim

Die Stigting vir Tersiêre Instellings van die Noordelike Metropool (Fotim)
Fotim is in 1995 gestig en is ’n instrument vir samewerking tussen nege universiteite in die noordelike deel van Suid-Afrika.

NWU se betrokkenheid
Deur die jare is verskeie NWU-verteenwoordigers op Fotim se Uitvoerende Komitee verkies.
Vir meer inligting besoek die Fotim-webwerf
 

HESA

Hoër Onderwys Suid-Afrika (HESA)
Al 23 van Suid-Afrika se openbare universiteite behoort aan HESA, wat ’n verenigde platform verskaf om kritieke sake wat hoër onderwys raak, te hanteer.
Vir meer inligting, besoek die HESA-webwerf.
 

ACU

Vereniging van Statebondsuniversiteite (ACU)
Die ACU het ongeveer 500 lede-instellings in die statebondslande en bevorder internasionale samewerking en begrip in hoër onderwys.

NWU se betrokkenheid: 
Die NWU se Visekanselier, dr Theuns Eloff, was ondervoorsitter vir die periode 2007 tot 2009, en voorsitter vanaf 2009 tot 2011.
Vir meer inligting, besoek die ACU-webwerf.
 

RHO

Raad op Hoër Onderwys (RHO)
Die RHO is ’n onafhanklike statutêre liggaam wat die Minister van Onderwys oor hoër onderwysbeleid adviseer en is verantwoordelik vir gehalteversekering en programakkreditering in die sektor.

NWU se betrokkenheid:
Die NWU werk saam met die RHO vir die akkreditering van sy akademiese programme en is aan sy gehalteversekeringsraamwerk onderhewig.
Vir meer inligting, besoek die RHO-webwerf.
 

HOKK

Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK)
Die HOKK is ’n permanente komitee van die Raad op Hoër Onderwys. Dit bevorder gehalte in hoër onderwys in Suid-Afrika en akkrediteer al die hoëronderwysprogramme.

Vir meer inligting, besoek die HOKK-webwerf.
 

VAU

Vereniging van Afrika-universiteite (VAU)
Die AAU is ’n kontinentwye forum oor hoër onderwys in Afrika en het 215 lede-instellings in 44 Afrika-lande.

NWU se betrokkenheid:
Die Universiteit is een van 17 Suid-Afrikaanse openbare universiteite wat aan die AAU behoort en wie se hoofdoelstellings is om Afrika-universiteite in hulle onderrig-leer-, navorsings- en gemeenskapsdiensfunksies te ondersteun.
Vir meer inligting, besoek die AAU-webwerf.