Eredoktorsgrade

NWU ken eredoktorsgraad aan dr Geraldine Fraser-Moleketi toe

NWU ken eredoktorsgraad aan politikus dr Geraldine Fraser-Moleketi toe

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het dr Geraldine Fraser-Moleketi op 19 November 2021 met ’n eredoktorsgraad vereer vir haar buitengewone bydraes tot die Suid-Afrikaanse politieke landskap en samelewing.

Dr Fraser-Moleketi het vanaf 1999 tot 2008 as Minister van Staatsdiens en Administrasie gedien. Sy was tot 2007 ook ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee van die African National Congress (ANC).

Dr Fraser-Moleketi het as sterk voorstander van maatskaplike en ekonomiese transformasie in Suid-Afrika en Afrika as plaasvervanger-afgevaardigde vir Joe Slovo gedien op die bestuurskomitee van die Konvensie vir ’n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA) – die veelpartyforum wat deur sy wilsverklaring Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie tot stand laat kom het. Lees meer

Dr Geraldine Fraser-Moleketi

Die Noordwes-Universiteit (NWU) is trots en verheug om die jongste ontvangers van sy eredoktorsgrade aan te kondig. Hierdie jaar se ontvangers het en maak steeds ’n blywende impak op die samelewing, en die universiteit erken hulle bydraes met trots.

Die ontvangers is:

Dr Imtiaz Ismail Sooliman, wie se uitsonderlike bydraes betrekking het op maatskaplike geregtigheid nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld. Dr Sooliman se uitstekende humanitêre bydrae deur Gift of the Givers het die lewens van talle mense geraak. Lees meer

Adv Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika, is ’n ervare en gerespekteerde persoon op die gebied van die regte as gevolg van die geweldige rol wat sy gespeel het om demokrasie in Suid-Afrika te bevorder. Lees meer

Prof Monica Ferreira is die prominentste eerstegenerasie-eksponent van navorsing oor en die ontwikkeling van ’n beleid oor veroudering in Afrika. Sy het uitgebreide pionierswerk op hierdie gebied gedoen – nie net op die kontinent nie, maar ook internasionaal. Lees meer