Steundienste

Om die logistiek van die lewe so maklik as moontlik vir studente, personeel en besoekers te maak, is ’n netwerk van goedgeoliede steundiensdepartemente hard aan die werk agter die skerms.

Sommige steundiensdepartemente is by die Institusionele Kantoor in Potchefstroom gesentraliseer, aangesien dit deur almal in die universiteitsgemeenskap gebruik word. Voorbeelde hiervan is die Loopbaansentrum, Mensehulpbronne en die Taaldirektoraat.

Aangesien ons wil toesien dat ons studente sukses behaal, maak ons seker dat hulle, benewens talle ander steundienste, toegang het tot akademiese steun, biblioteke, rekenaars, beurshulp, gesondheid- en welstandsdienste. Om hierdie dienste so na as moontlik aan ons studente te bring, is die departemente wat dit verskaf gewoonlik op die kampusse geleë.