NWU, Huidige Studente

Om ’n student te wees

Indien jy die meeste uit jou studies wil haal en nog baie tyd wil oor hê vir sport, stokperdjies en ’n sosiale lewe, is dit belangrik om vooruit te beplan. By hierdie skakel kan jy al die inligting kry wat jy oor die NWU se akademiese kalender nodig het, soos datums en besonderhede vir registrasie, gradeplegtighede en die eksamen.  Om jou te help om jou werk en spel vir elke semester in die fynste besonderhede te beplan, lei hierdie skakel jou ook na die algemene jaarboeke en akademiese klasroosters van die Mahikengkampus, die Potchefstroomkampus en die Vanderbijlparkkampus.

Hierdie skakel is ook jou wegspringplek vir verskeie nuttige aanlyndienste wat vir jou tyd kan bespaar, soos selfdiensregistrasie, rekeningnavrae en akademiese navrae, waar jy toegang tot jou studenterekords en eksamenuitslae het.

Die Loopbaansentrum bied jou ’n magdom inligting om jou te help om goeie studie- en loopbaankeuses te maak. Jy kan dit gebruik om aanlyn te soek na poste wat beskikbaar is, asook om aansoek te doen vir poste waarin jy belangstel en wat by jou vaardighede pas.