X

nUUs

Kgosi Leruo Molotlegi, kanselier van die NWU

Alumni bereik groot hoogtes

Kgosi Leruo Molotlegi, NWU-kanselier en leier van die Koninklike Bafokeng-stam, het in sy toespraak by die toekenningsgeleentheid gesê dat, hoewel daar daagliks oor slim idees gedroom word, slegs 'n handjievol mense grootheid bereik.

“Om energie in iets waarna jy streef, te belê, mag indrukwekkend wees, maar indien 'n mens jou tyd, talente en passie aan werklike menslike uitdagings wy, staan jy die kans om 'n ster te word.”

 

Ontmoet ons wenners

KLIK OP ELKE FOTO

 

 

NWU vereer

die beste van die bestes

Die NWU het sy top-alumni tydens 'n toekenningseremonie op 7 Oktober in Sandton vereer.  Hierdie jaar se toekennings het ook die gesogte NWU Leeftydprestasietoekenning ingesluit en erkenning gegee aan NWU-alumni wat in 2016 in die internasionale sportarena presteer het.

Die NWU se alumni het weereens bewys dat gehalte-onderrig tot uitnemendheid lei. Hulle het plaaslik en internasionaal en op alle vlakke van die samelewing 'n verskil gemaak. 2016 is die vierde jaar wat die NWU sy alumni met dié prestige-toekennings vereer.

 

Dr Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die NWU en huidige uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het die Leeftydprestasietoekenning ontvang. Dit is maar die tweede keer wat die NWU hierdie spesiale toekenning ter erkenning van buitengewone prestasies maak. Die eerste ontvanger was die voormalige staatspresident, FW de Klerk.

 

Hulle trap diep spore

 

Prof Linda du Plessis, waarnemende rektor van die Vaaldriehoekkampus, het die wenners namens prof Dan Kgwadi, die visekanselier, gelukgewens.

 

“Dit is werklik vir ons 'n voorreg om so 'n groep uitsonderlike alumni by 'n geleentheid saam te hê – en om eerstehands die langtermynuitwerking van 'n NWU-studieloopbaan te sien. Met NWU bedoel ek ook die voormalige Universiteit van Bophuthatswana (Unibo), die Universiteit van Noordwes, en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).”

 

Sy sê met die NWU se Alumni-toekennings bring die universiteit hulde aan die impak van sy alumni. “Sukses is die doen, nie die ontvang nie; dis die probeer, nie die triomf nie. Sukses is 'n persoonlike standaard wat maak dat ons na ons persoonlike hoogtes reik en die beste word wat ons kan wees.”

 

NWU hou aan uitblink

 

Linda het beklemtoon dat die NWU een van slegs twee Suid-Afrikaanse universiteite is wat hul rangorde op die 2016 Quacquarelli Symonds (QS) Wêreldranglys vir Universiteite verbeter het.

 

“Sewe van die nege Suid-Afrikaanse universiteite wat deur die QS gemeet is, het in hul rangordes gesak as gevolg van hul akademiese en werkgewerreputasie. Dit is duidelik dat ons ons tyd, fondse en energie moet inspan om te verseker dat ons 'n hoëprestasie, gehalte-gedrewe omgewing vir ons personeel en studente in stand hou.”

 

Alumni speel sleutelrol

 

Sy sê die NWU erken dat die universiteit sy alumni nodig het vir die volgende hoofstuk in sy geskiedenis.

 

“Mag ons voortgesette strewe na uitnemendheid en ons passie vir onderrig en navorsing vir ewig deur julle are bruis. Koester julle NWU-verlede, maak die meeste van julle NWU-hede, en deel ons droom vir die NWU se toekoms.”

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

Sportsterre kry erkenning

Die NWU het vir die eerste keer ooit  by 2016 se Alumni-toekenningseremonie NWU Ambassadeurstoekennings en -sertifikate aan alumni wat internasionale erkenning ontvang het, toegeken.

Ambassadeurstoekennings is aan Caster Semenya en Sunette Viljoen, wat die podium by die Olimpiese Spele gehaal het, oorhandig.

As uitblinkers in hul sportdissiplines en as afrigters het Willem Coertzen, Elroy Gelant, Terseus Liebenberg en Jean Verster Ambassadeursertifikate ontvang.

 

Caster Semenya is vir haar uitmuntende prestasies by die Olimpiese Spele erken.

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

INHOUD

NWU & U