X

REDAKSIONEEL

Skryf gerus en vertel ons waar in die wêreld julle jul bevind en hoe dit met jul loopbane gaan, of skryf sommer oor ditjies en datjies wat julle na aan die hart lê.

 

Stuur julle briewe na nelia.engelbrecht@nwu.ac.za, faks dit na 086 614 3222 of pos dit aan Nelia Engelbrecht, Institusionele Kantoor, Noordwes-Universiteit, Privaat Sak X1290, Potchefstroom, 2520.

 

ONS HOOR GRAAG VAN JULLE!

Dit kom van ver af

Flip en Lindie Nell, saam met hulle seun, Chris en dogtertjie, Gussie. Lindie sê hulle geniet die lewenstyl in Australië. “Ons kinders speel in die straat saam met maatjies krieket en tussen visvang en pyl-en-boë-maak kry hulle net-net tyd om huiswerk te doen in hul kort middae – die skoolure is hier van 09:00 tot 15:15.”

Beste mede-alumi,

 

Ons is ’n hele familie van Potchefstroomkampus-alumni hier in Australië. Ek, Lindie Nell, en my man, Flip Nell, het in 2008 ons tasse gepak en met ons eenjarige seuntjie die groot stap geneem.

 

Ek is tans deeltyds ’n kinderterapeut by ’n residensiële dwelm- en alkohol-rehabilitasiesentrum en werk met ma’s en hulle kinders. Ek het maatskaplike werk aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) studeer en was in Karlien-dameskoshuis (1990-1993). In 2009 het ek hier vanuit Australië ʼn meestergraad deur die NWU behaal. Flip, wat in Patria was terwyl hy elektroniese ingenieurswese studeer het (1990-1993), werk tans in Sydney as ’n geografiese-inligtingstelselkonsultant.

 

Ons bly ’n uur van Sydney af op die Central Coast. Dit voel behoorlik of ons in die paradys woon: in ʼn boomryke omgewing met strande te kus en te keur rondom ons. Ons kinders is in ’n Christen-skool. In Chris (9) se klas is daar vier kinders wat van Suid-Afrika af kom en in Gussie (6), die dogter wat ons intussen ryker geword het, se klas is daar vyf. Hul drama-juffrou, Wiesie Bester, is ons buurvrou en ook ʼn alumna.

 

Ons kinders se ouma, Ralda Nell, is ook hier in Australië – sy het ʼn Universitêre Laer Onderwysdiploma aan die PU vir CHO behaal (1960-1962.) Boonop het die kinders ook ’n oom en tannie hier. Hercu Coetzee, primaria van Caput (1981-1988) en sy vrou, Louiza (née Coetzee), ’n oud-Alabamalid en HK-lid van Heide (1985-1988), was die eerste twee brawe alumni in die familie wat Suid Afrika verlaat het.

 

Hulle was eers in Nieu-Seeland en het later Australië toe geïmmigreer. Hulle woon tans in Grafton waar hulle hul eie apteek het. Hulle dogter, Ane Coetzee, studeer in Sydney. Ouma Ralda bly ook in Grafton en help so nou en dan in die apteek en om ons kinders tydens vakansies te kom oppas.

 

Die verlange na ons familie in Suid-Afrika is groot. My pa, Chris Windell (75) en broer, Winton Windell, is nog steeds aan die Potchefstroomkampus verbonde. Daar is ook twee niggies wat tans daar studeer.

 

Vir die wat wou weet: ons skreeu nog steeds vir die Bokke en Proteas en ons seuntjie, ’n groot krieket-fanatikus, twyfel nie daaraan dat hy eendag vir Suid Afrika wil krieket speel nie.

 

Groete uit ’n warm, sonnige Australië.

 

Lindie Nell

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

INHOUD

NWU & U