X

NUUs

Hasan Darwish sê hy wou ʼn model skep wat onderkant-van-die-piramide-ekonomieë se behoefte aan geleenthede en hoofstroomekonomieë se behoefte aan veilige oplossings om groter toegang tot markte te kry, by mekaar uitbring.

Hoe werk dit?

 

Volgens Hasan sal onderkant-van-die-piramide-entrepreneurs geïdentifiseer en vir tot ’n jaar lank opgelei word.

 

“Sodra hul Modular Innobox van keuse vervaardig is en na die terrein toe verskuif is, sal hulle hul besighede of dienste byna onmiddellik kan begin. Alles – van sonkrag tot die gestandaardiseerde besigheidsprosesse – sal dan reeds geïntegreer en getoets wees.”

 

Landelike entrepreneurs sal nie groot bedrae hoef op te dok om aan die gang te kom as hulle dit kan regkry om borgskappe van maatskappye te kry nie. “Eienaaroperateurs sal deur harde werk oor verloop van drie jaar eienaarskap verkry indien die eenheid aanvanklik geborg word,” sê Hasan.

 

Nog ’n opwindende aspek van die Innobox is dat sy afstanddata-analise en -opleidingselemente ook netwerkmoontlikhede bied. Borgmaatskappye sal ook hul beleggings kan monitor en selfs kan ingryp indien nodig.

 

“Dit is ʼn perfekte oplossing om landelike entrepreneurs te bemagtig en landelike ekonomieë te help floreer.”

 

Denke buite die boks
ontsluit besigheidspotensiaal

Deur buite die boks te dink, het ʼn dosent van die Fakulteit Ingenieurswese op die NWU se Potchefstroomkampus dit makliker gemaak vir landelike entrepreneurs om besighede te begin en te bedryf.

 

Hasan Darwish, ʼn dosent in industriële ingenieurswese, het die Modular Innobox ontwikkel – ʼn verskuifbare eenheid wat entrepreneurs kan gebruik om sake te doen in lae-inkomste-gemeenskappe in Afrika en Asië.

Die Modular Innobox kan enigiets van mikrofabrieke en spazawinkels tot haarsalonne en gimnasiums huisves.Modular Innoboxes is houers wat sonkraggedrewe en beveilig is, aan die internet gekoppel is en gebruik kan word as basis vir omtrent enige tipe besigheid.

 

Hierdie innovasie is deel van Modularise, ʼn nuwe inisiatief waarmee Hasan vorendag gekom het om te help met die vele kompleksiteite waarmee landelike entrepreneurs te doen kry.

 

Verskuifbare infrastruktuur binne-in ’n boks

 

Die probleem waarvoor die meeste nuwe en opkomende ondernemings te staan kom, is dat hul inisiatiewe vinnig ʼn las word sonder stabiele kragvoorsiening, betalingsinfrastruktuur, sekuriteit, data-analise, gemeenskapsbetrokkenheid en deurlopende opleiding.

 

Dit wat besighede nodig het, is dikwels nie in landelike gemeenskappe beskikbaar nie.Modularise wil hierdie uitdagings oorkom deur nie net nuwe sakemanne en -vroue op te lei  nie, maar hulle ook te help om hul eie verskuifbare infrastruktuur te pasmaak, met alles wat nodig is reeds ten volle in die pakket geïntegreer.

 

Hasan sê die Modular Innobox is ʼn resultaat van hierdie visie om ʼn hulpmiddel te skep om onderkant-van-die-piramide-ekonomieë te formaliseer en te moderniseer deur verskillende dienste en produksiehulpmiddels in pasgemaakte variasies van die eenhede te verpak.

 

“Dit maak ook voorsiening vir afstandsopleiding, en die doen van besigheid sonder kontant deur gebruik te maak van standaardbesigheids- en bedryfsprosedures. Hulle maak dit ook moontlik vir entrepreneurs om aan die internet te koppel en data in te samel.”

 

Vinnig en maklik om te ontplooi

 

Die pasgemaakte eenhede kan vinnig in enige gemeenskap ontplooi word. Hasan sê Modularise sal ook deur konsultasie bestepraktykprosesse, opleidingsmateriaal en metodes vir hul unieke besighede aan entrepreneurs voorsien.

 

“Die houers is baie meer bekostigbaar as permanente infrastruktuur.”Hy glo dit is ʼn bekostigbare oplossing wat in die gemeenskappe wat dit die nodigste het, byval sal vind.

 

Dit kan in bykans enige tipe besigheid omskep word, soos gimnasiums, mikrofabrieke, haarsalonne, spazawinkels en nog baie meer.

 

“Met hierdie innovasie daag ons tradisionele metodes van produk- en dienslewering uit; ek beskou dit in baie opsigte as die Uber van franchises.” Hassan sê as die eenhede suksesvol bestuur word, sal dit gemeenskappe in staat stel om hul oorhoofse sosio-ekonomiese status te verbeter.

 

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

 

“Entrepreneurs kan ʼn Modular Innobox vanaf ʼn beskikbare ontwerp kies of hul eie ontwerp pasmaak.”

 

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

Denke buite die boks
ontsluit besigheidspotensiaal

INHOUD

NWU & U