X

nUUs

Die Potchefstroomkampus het in Julie 2016 Farmasie en Biologiese Wetenskappe se nuwe gebou onthul.

 

Vinnige feite oor die farmasiegebou

 

•  Die nuwe gebou vir Farmasie en Biologiese Wetenskappe word al sedert 2011 beplan.

 

•  Ná onderhandelinge om 10 persele op kampus te konsolideer om sodoende altesaam 9 400 m² beskikbaar te maak, kon die sloping van die huise in 2013 begin.

 

•  Daar is 1,2 miljoen stene (genoeg vir sowat 26 mediumgrootte huise) en 670 ton staalwapening in die beton gebruik.

 

•  Die vleuel waarin Biologiese Wetenskappe (Fakulteit Natuurwetenskappe) gehuisves gaan word, is nog nie voltooi nie. Tenders vir die installering van kantore en laboratoriums is eers onlangs aangevra. Hierdie koste sal ongeveer R50 miljoen beloop.

 

Bou die toekoms

steen vir steen

Die NWU het in 2016 twee splinternuwe fasiliteite op die Potchefstroomkampus onthul.

 

Die een gebou het reeds bestaan en is vir die Noordwes-Universiteit se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur opgeknap, en die ander is 'n splinternuwe gebou wat vir Farmasie en Biologiese Wetenskappe ontwerp is.

 

Die een vleuel van die Farmasie en Biologiese Wetenskappe-gebou huisves tans die Skool vir Farmasie, wat vier vloere in beslag neem. 'n Kliniese Farmasie-groep en simulasielaboratorium is op die eerste vloer. Op die tweede vloer is Farmasiepraktyk en vier kleiner lesinglokale, en op vloer drie Farmakologie en nog 'n laboratorium.


Gereed vir besigheid

 

Die nuwe fasiliteite van die NWU-Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur word in Potchefstroom se oorspronklike Standard Bank-gebou langs die President Pretorius-museum gehuisves.

 

Die nuwe gebou bevat twee lesinglokale, 'n konferensielokaal, ontvangsaal, moderne kombuis en verskeie administratiewe kantore. Dit is ten volle toegerus om die nuut gevormde NWU-Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur vorentoe te neem wat oop afstandsonderrig betref en ook om uitstekende kontakonderrig van internasionale gehalte te bied.

 

Die nuwe lesingfasiliteite voldoen ook aan die akkrediteringsvereistes van die Vereniging vir MBA's. Dit verwys na die estetiese voorkoms en gevoel van die lokale, sowel as die tegnologiese gevorderdheid van hulpmiddels soos Wi-Fi en videokonferensiegeriewe.

 

Die NWU se Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur het op 18 Augustus hul splinternuwe tuiste in Potchefstroom bekendgestel.

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

INHOUD

NWU & U