X

RedaksioneEl

Nelia Engelbrecht

Redakteur

Beweeg oor die foto's om die span te ontmoet.

Willie du Plessis

Kontak gerus ons NWU & U-joernalis, Willie du Plessis, met enige nuuswenke of -navrae.

E-pos

Marelize Santana

Indien jy probleme ondervind met die navigasie (gebruik) van die digitale NWU & U, is jy welkom om Marelize Santana te kontak.

E-pos

Verskeidenheid

kikker die lewe op

Al ooit na een van daardie futuristiese flieks gekyk waarin mense in vervelige grys uitrustings met uitdrukkinglose gesigte langs dieselfde ou, deurgetrapte paadjies voortskuifel? In so 'n wêreld dink mense dieselfde gedagtes, hou van dieselfde goed, en glo dieselfde (on)waarhede. Wat 'n uiters vervelige wêreld.

 

Gelukkig is die NWU-gemeenskap ver van vervelig – kyk byvoorbeeld na ons alumni. Hulle bly in al nege provinsies, praat 'n goeie handvol van ons 11 amptelike tale en spesialiseer in enigiets van kernfisika en dieregesondheid tot musiek en farmaseutiese wetenskappe.

 

Die verskillende kategorieë van ons Alumnitoekennings (“NWU vereer die beste van die bestes”) weerspieël hierdie wonderlike verskeidenheid talente en belangstellings. So ook die feit dat sommige van ons alumni passievol oor die geskiedenis van atletiek is, (“Alumnus versamel atletiekgoud”), terwyl ander graag die wonder van musiek met alle gemeenskappe deel (“Opera bekoor plaaslike gemeenskappe”).

 

Die verskillende maniere waarop ons alumni hierdie feesseisoen gaan deurbring, beklemtoon hierdie diversiteit. Party gaan die stilte van die bos opsoek, terwyl ander na ons strande sal stroom. Vir sommiges sal die opwinding van witwaterroei die ideale tydverdryf wees, terwyl ander liewer die vakansie rustig saam met vriende en familie sal deurbring.

 

Wat ook al hierdie Desember vir jou voorlê, mag die feesseisoen geseënd en 2017 vol vreugde wees. Een van die dae is ons terug met nog nuus oor die NWU en sy mense.

 

Lekker lees.

 

DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

KLIK

DEEL

<

>

Navigasie

VOLGENDE ARTIKEL

VORIGE ARTIKEL

KLANK

video

mEER inLIGTING

NWU & U  |

Inhoud

Voorblad

Wenners van die NWU se Alumni-toekennings is van links Karen Meiring (Toekenning vir Sakeleierskap), dr Tanya Robinson (Navorsingstoekenning), Yvonne Mfolo (Toekenning vir Gemeenskapsbetrokkenheid), dr Theuns Eloff (Leeftydprestasietoekenning), regter Frans Kgomo (Toekenning vir Openbare Dienslewering) en Kobie van Rensburg (Toekenning vir Kuns en Kultuur). Weens dringende verpligtinge kon die ander twee wenners, Shanté Bukes (Sporttoekenning) en prof Llewellyn van Zyl (Jong Alumnus-toekenning) nie die geleentheid bywoon nie. Hul toekennings is namens hulle ontvang.

X

INHOUD

INHOUD

NWU & U